• Home
  • Sport
  • Tsumeb Old Boys onoorwonne in hul T20-liga

Tsumeb Old Boys onoorwonne in hul T20-liga

Krieket
Johre Botha
Op ‘n opwindende naweek in Krieket Namibië se T20 tweedeliga het die Tsumeb Old Boys op hul tuisveld hul goeie vertonings voortgesit deur die Groen Mambas van Windhoek met 57 lopies te verslaan.

Die noordespan handhaaf tot dusver ‘n puik rekord van vyf uit vyf gewen in die noordelike en sentraal-groep.

Met Saterdag se oorwinning het Tsumeb Old Boys reeds hul plek in die semifinaal bespreek, hoewel die meeste van die agt spanne in die liga nog minder wedstryde gespeel het.

Fungayi Hlupo was weereens in die kollig met 'n indrukwekkende honderdtal (105 van net 57 balle), wat die Groen Mambas se boulers behoorlik op die agtervoet geplaas het.

Saam met sy kaptein en openingsmaat Willem Groenewald (33 van 31 balle), het hy 'n deurslaggewende vennootskap van 86 lopies gebou, wat die Tsumeb-span tot 'n indrukwekkende totaal van 186 vir 5 na 20 boulbeurte aangedryf het.

Die Groen Mambas was vinnig uit die blokke toe Dieter Vogelhubert, met 'n kragtige ses op die eerste bal van hul beurt, die aanvalsgees van sy span gewys het. Sy 54 lopies van 33 balle, insluitend vier sesse en vyf viere, was indrukwekkend, maar hy het nie genoegsame ondersteuning gekry nie.

Die Tsumeb-boulers en -veldwerkers het 'n ondeurdringbare muur rondom die middelorde van die Mambas gevorm en het hulle gou in die moeilikheid gebring deur gereeld paaltjies te laat val. Ondanks 'n goeie vennootskap tussen Johre Botha (18) en Riaan Steenkamp (15), wat 47 lopies bygedra het, was die Groen Mambas uiteindelik vir net 129 lopies uitgeboul.

Tsumeb se Bradley van Eeden het 'n skitterende vertoning gelewer met die bal, en sy bydrae van 3 paaltjies vir slegs 9 lopies het 'n groot rol in die oorwinning gespeel.

• Tsumeb Old Boys se oorheersende vertonings het Saterdag nie net die Groen Mambas ondergekry nie, maar ook die United Legends 'n selfs groter nederlaag met tien paaltjies toegedien.

Die United Legends se middelkolwers Jandre Schlechter (kaptein, 34 van 30 balle) en Janco Schlechter (48 van 24 balle) het hul stempel afgedruk, maar die span se totaal van 133 almal uit was nie ‘n genoegsame uitdaging nie.

Tsumeb se twee openingskolwers, Fungayi Hlupo en Willem Groenewald, het die Windhoekers se totaal in net 9.4 boulbeurte verbygesteek. Fungayi het weer meer as vyftig bygedra (59 lopies van net 31 balle), terwyl sy kaptein, Willem Groenewald, 56 van 28 balle aangeteken het. Agtien wydlopers het ook die taak makliker gemaak.

Met hierdie oorwinning bly Tsumeb Old Boys 'n krag om mee rekening te hou, en hulle het reeds hul plek in die semifinale verseker. Die Groen Mambas sal vinnig hulle pik moet regkry as hulle ook 'n kans wil hê om in die semifinale te kom.

Die vooruitsigte lyk belowend vir die Tsumeb Old Boys, wat sover nog nie gekeer kon word in die T20 tweedeliga se noordelike en sentraal-groep nie.

- [email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!