• Home
  • Sport
  • The Munga getroud met Le Dur vir liefde

The Munga getroud met Le Dur vir liefde

Bergfietsry
Namibië se langste bergfietsmarathon sal aanstaande maand opnuut die gesoute bergfietsryers die langpad laat vat.
Tielman Van Lill
Die Le Dur-ultrabergfietsmarathon, die breinkind van Pierre Lambert en die De Beer-egpaar, Sybrand en Ronel, sal aanstaande maand vir die derde keer ten bate van Legacy of Love aangebied word.

‘n Gawe kinkel in die Le Dur-kabel is dat The Munga se organiseerders van Suid-Afrika hul gewig by die De Beers ingegooi het.

Die uithouren staan dus voortaan as The Munga Grit Le Dur Namibië bekend, met goedkeuring van die Namibiese Fietsryfederasie.

The Munga Grit Le Dur begin Vrydagoggend 17 Mei om 07:15 ‘n klipgooi noord van Swakopmund by Windpomp 14. Deelnemers het 50 uur om die roete van ongeveer 555 km suksesvol te voltooi wat vanaf Windpomp 14 verby die Spitzkoppe, Omaruru, Uis, Hentiesbaai, Jakkalsputz en Wlotzkasbaken terug na Windpomp 14 kronkel.

Drikus Coetzee het in 2023 die tweede weergawe in 25 uur 14 minute oor ‘n ander roete van 564 kilometer (vanaf Kapps Farm via Gobabis na die Auas Safari Lodge) gewen. Coetzee het reeds verklaar dat hy sy titel kom verdedig.

Noudat Le Dur deel van The Munga Grit is, sal soloryers mekaar aan die voorpunt behoorlik gas gee. Die inskrywing van meer en sterker ryers uit Suid-Afrika is nie uitgesluit nie.

Vir minder geharde ryers wat skrikkerig vir hierdie “draak” is, is daar 'n korter weergawe van 232 km wat binne 24 uur deur soloryers voltooi moet word. Spanne van twee of vier is ook welkom om die 50-uur uitdaging aan te durf.



Die Le Dur-storie

De Beer sê: “In 'n kragtige samewerking sal Legacy of Love en The Munga-organiseerders vanjaar die eerste weergawe van The Munga Grit Le Dur Namibia aanbied.

“Le Dur, uit Frans vertaal as ‘Die Harde Een’, is nie bloot 'n wedren nie. Dié bekende solo-bergfietsuitdaging het sedert sy ontstaan in 2022 daadwerklik die grense verskuif. Le Dur is die simbool van die onblusbare gees van ryers wat iets buitengewoons wil bereik.

“Die primêre doel was om aan deelnemers 'n unieke en buitengewone solo-avontuur te bied. Die Le Dur is die langste bergfietswedren in Namibië en vereis van ryers om ruwe terreine te bowe te kom en die uitdagende roete binne 50 uur te voltooi.

“Die ren is 'n smeltkroes vir deelnemers om persoonlike grense te verskuif en met 'n diep gevoel van prestasie klaar te maak.

“Behalwe die strewe na individuele oorwinnings, dien Le Dur ook 'n sekondêre, dog ewe deurslaggewende doel ? om tot 'n edele saak by te dra. Die fondse wat uit hierdie merkwaardige byeenkoms gegenereer word, speel 'n deurslaggewende rol in die ondersteuning van Legacy of Love se missie.

“Legacy of Love bied wegbreekgeleenthede aan getraumatiseerde en gebroke mense. Die volgende gesinswegbreek vind plaas van 14 tot 16 Junie te Ankawini Safari Ranch. Ander traumaprojekte wat deur Legacy of Love geïnisieer is, sal ook uit die opbrengs van die fietsry baat.

“Deur by die adrenaliengedrewe avontuur van The Munga aan te sluit, gemeng met die deernisvolle inisiatiewe van Legacy of Love, oortref Le Dur die tipiese terrein van 'n sportgebeurtenis.

“Dit word 'n baken van hoop, vasberadenheid en gemeenskapsbetrokkenheid, waar deelnemers nie net die fisieke straf van die uitdaging moet verduur nie, maar ook bydra tot projekte wat 'n betekenisvolle impak maak op lewens wat deur trauma geraak word.

“Le Dur is die bewys van die sinergie tussen passie en doelgerigtheid en is 'n voorbeeld van hoe die wêreld van ultrasport 'n kragtige katalisator vir positiewe verandering kan wees.

“Terwyl ryers gereed is om die uitdagings die hoof te bied wat Namibië se uitgestrekte landskappe vir hulle inhou, dra hulle die wete saam dat elke trap van die pedaal tot 'n saak groter as hulleself bydra – 'n erfenis van liefde in aksie.”

[email protected], https://themunga.com/munga-grit-le-dur/

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A