• Home
  • Sport
  • Talpark se sneltrein op 80 oorlede

Talpark se sneltrein op 80 oorlede

Rugby
Andrew Poolman
Een van die haastige vleuels van Suidwes-Afrika se rugbyspan in die middel-1970’s, Willem Prinsloo, is Dinsdagaand op 80-jarige leeftyd op Walvisbaai oorlede, het sy seun Willem bevestig.

Prinsloo, wat sy klubrugby vir die destydse Talpark gespeel het, is gereeld as ‘n sneltrein beskryf en sy loopbaan het die hoogtepunt ingesluit dat hy Suidwes se enigste drie teen die gedugte 1974 Britse Leeus in Windhoek gedruk het.

Die wedstryd was die tweede van die Britte se toer in Suid-Afrika. Nadat hulle Wes-Transvaal op Potchefstroom met 59-13 kafgedraf het, het die Suidwesters hulle met ’n tipiese hardnekkigheid teëgesit voordat hulle met 16-23 verloor het.

Die 1974 Leeus, gedoop “The Invincibles”, het die eerste, tweede en derde toetse teen die Springbokke in Kaapstad (12-3), Pretoria (28-9) en Port Elizabeth (26-9) gewen, voordat die vierde toets in Johannesburg met 13-13 gelykop geëindig het.

Hierdie reekssege het hul individuele sterre soos die kaptein Willie-John McBride, heelagter JPR Williams, losskakel Phil Bennett skrumskakel Gareth Edwards en vele ander se legendariese status verder verewig.

Uit die Leeus se vier toetse en 19 toerwedstryde het geen opponent meer punte teen hulle aangeteken as die 16 van Suidwes nie. En net die Vrystaat (9-11), Kwaggas (16-20) en Noord-Transvaal (12-16) het met kleiner verskille verloor.

In die Windhoek-wedstryd het kaptein Jan Ellis en afrigter Dok Gerrit Pool se Suidwes-span drie keer die voortou geneem – selfs so laat as die 68ste minuut – en kon met beter stelskopwerk hul telling verder laat aangroei het, terwyl daar ook omstredenheid oor die toekenning van die Walliese skrumskakel Gareth Edwards se drie was.

Prinsloo se drie ná agt minute is steeds in die herinnering van sy destydse SWA-losskakel Deon Karg: “Die drie wat Willem gedruk het, was van ‘n beplande beweging waar hy van vleuel af tussen sy twee senters ingesny het.”

“Vanaf die Leeus se tientreelyn het Willem oopgelê en vir Fergus Slattery (flank van Ierland) aan die binnekant geklop, rondom die heelagter (Andy Irvine van Skotland) genael en in die hoek gaan druk.”

Karg sê: “Willem was veral bekend vir sy vermoë om op die verdediging die bal te onderskep. Hy was 'n baie stil en teruggetrokke persoon, maar het voluit gespeel vir sy klub (Talpark) en Suidwes. Sy rugbyloopbaan is grotendeels deur 'n dyspierskeur beëindig. Ek kan hom net beskryf as 'n nederige, lojale spanman.”

Twee weke voor die Leeus-wedstryd het Die Suidwester se rugbyskrywer Des Erasmus een van Prinsloo se oomblikke in ‘n verloorwedstryd teen Oos-Transvaal soos volg beskryf: “Rustyd was vyf minute verby en Suidwes op sy eie doellyn op die verdediging. Onder die doelpale het die bal aan die Suidwes-kant uitgesukkel en (Deon) Karg het sy agterlyn weggestuur.

“Toe Prinsloor die bal op sy eie kwartlyn kry, was die aanvoorwerk gedoen en het hy die aarde doellyn toe geskroei. Al juigende het 5 000 Suidwesters hom tot by die hoekvlag gedra. Maar toe die groot kreun. Prinsloo was daar, maar die hoekvlag plat en ‘n lynstaan in die plek van ‘n drie.”



Huldeblyk

Trustco United-rugbyklub het gister hul innige meegevoel uitgespreek met die familie insluitend Willem Prinsloo, wat vir jare eerstehulp langs die rugbyvelde gelewer het, en sy halfbroer Stephan (Hakkies) Smith, voormalige Namibiese haker in 16 toetse (1990-1996), met die heengaan van hul vader.

“Willem Prinsloo was een van die heel beste vleuels wat die destydse SWA opgelewer het. Met sy buitengewone spoed en ongelooflike vermoë om ‘n perfekte buiteswenk uit tevoer, het hy vele opposisie in lug laat rondtas. Hy was n drieë vraat, vir etlike seisoene. Sy drie teen die beroemde 1974 Britse Leeus was seer sekerlik een van die mooistes wat in die ‘Suidwes’-stadion gedruk was!

“Ons by United het die voorreg gehad om vanaf 1990 tot 1994 onder sy afrigting, van nêrens te ontwikkel tot die top premierligaklub in Namibië.

“Bo en behalwe sy rugbytalent was Willem gekenmerk deur sy kalm optrede, bedagsaamheid en ongelooflike menslike respek wat hy afgedwing het.”

Begrafnisreëlings was teen gister nog nie bekend nie. Die familie bedank Dr Loyna Mwaipyana se mediese praktyk en St. Raphael-kliniek vir hul bystand.

Comments

Namibian Sun 2024-09-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.49 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.53/OZ UP +0.97% | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0053 | Zinc US$ 2 880.30/T DOWN -1.93% | Brent Crude Oil US$ 74.70/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 972.91/OZ DOWN -0.01 Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.49 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.53/OZ UP +0.97% | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0053 | Zinc US$ 2 880.30/T DOWN -1.93% | Brent Crude Oil US$ 74.70/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 972.91/OZ DOWN -0.01