• Home
  • Sport
  • Stywe opdraande teen Nederland voorspel

Stywe opdraande teen Nederland voorspel

Krieket
Indien Namibië vandag vir Nederland kan klop, sal dit 'n toernooisege aan die Richelieu Eagles besorg.
Tielman Van Lill
Namibië se Richelieu Eagles sal vanoggend opnuut in die laaste internasionale eendagwedstryd (ODI) in die eerste ronde van die Wêreldbeker Liga Twee-reeks teen Nederland ten volle getoets word.

Die Eagles het op hierdie toer hul eerste en derde ODI’s teen Nepal in Kirtipur gewen, maar het in die tweede ODI, hul eerste ontmoeting teen Nederland, die knie gebuig.

Nederland het op hul beurtafgeskop met ’n nederlaag met nege paaltjies teen Nepal, nadat Die Oranje vir 137 uitgeboul is.

Indien die Eagles vandag die Vlieënde Hollanders kan uitoorlê, sal dit aan hulle ’n stewige grondslag en hope selfvertroue vir hul vooruitsigte in die 2024-2027 reeks gee.

Van Namibië se topkolwers kon nog nie werklik hul stempel in Nepal afdruk nie, maar dalk is vandag die regte tyd vir JP Kotzé en Niko Davin om op al hul silinders vuur net soos hulle kan. Dis nou indien hulle wel ingespan gaan word.

Nederland is tans die hoogs geplaaste assosiaatland op die Internasionale Krieketraad se ODI-ranglys in die 14de posisie, gevolg deur Nepal 15de en Namibië 16de.

Boonop is die mededinging straf tussen die drie spanne op die ICC se boul-, veelsydige- en kolfranglyste. Namibië en Nederland spog elk met tien individue op die ICC-ranglyste, terwyl Nepal met nege ’n kortkop agter is.

Dit is egter Namibië se Bernard Scholtz wat tans as draaibalbouler die botoon voer, terwyl Roelof van der Merwe van Nederland nie onder die top-100 verskyn nie.

Erasmus is die voorste kolwer en verreweg hoogste gerekende veelsydige speler (14de) van die drie lande.

Scholtz het ook intussen sy merk as veelsydige speler gemaak voor Sompal Kami en Dipendra Singh Airee van Nepal. Logan van Beek van Nederland is een posisie voor Scholtz.

Namibië

Kolwers: Gerhard Erasmus (28ste), Michael van Lingen (84ste). Boulers: Bernard Scholtz (17de), Ruben Trumpelmann (38ste), Tangeni Lungameni (93ste). Veelsydige spelers: Gerhard Erasmus (14de), Bernard Scholtz (43ste), Ruben Trumpelmann (53ste), JJ Smit (56ste), Jan Frylinck (97ste).

Nepal

Kolwers: Aasif Sheikh (77ste), Rohit Paudel (79ste), Kushal Bhurtel (92ste). Boulers: Lalit Rajbanshi (54ste), Dipendra Singh Airee (72ste), Sompal Kami (76ste), KC Karan (98ste). Veelsydige spelers: Sompal Kami en Dipendra Singh Airee (48ste), Kushal Malla (56ste).

Nederland

Kolwers: Scott Edward (24ste), Max O’Dowd (66ste), Bas de Leede (96ste). Boulers: Aryan Dutt (47ste), Logan van Beek (53ste), Fred Klaassen (81ste), Paul van Meekeren (90ste), Bas de Leede (94ste). Veelsydige spelers: Bas de Leede (29ste), Logan van Beek (42ste).

EAGLES-KOLWERS SE STATISTIEK (ná drie ODI’s in Nepal)

JP Kotzé: Twee kolfbeurte (8 lopies).

Michael van Lingen: 3 (58).

Niko Davin 3 (36).

Jan Frylinck: 3 (38).

Gerhard Erasmus: 3 (73).

JJ Smit: 3 (77).

Zane Green: 3 (27).

Nicol Loftie-Eaton: 3 (36).

Ruben Trumpelmann: 3 (37).

Bernard Scholtz 2 (20).

EAGLES-BOULERS SE STATISTIEK (ná drie ODI’s in Nepal)

Gerhard Erasmus: 3 ODI’s geboul (9/89 in 25.1 bb @ 3.56).

Nicol Loftie-Eaton: 3 (5/61 in 11.3 bb @ 5.39).

Bernard Scholtz: 3 (4/85 in 29 bb @ 2.93).

Jack Brassell: 2 (3/35 in 10 bb @ 3.5).

Trumpelmann: 3 (2/86 in 20 bb @ 4.3).

Tangeni Lungameni: 2 (0/40 in 8 bb @ 5).

Jan Frylinck: 2 (0/11 in 2 bb @ 5.5).

• Die internasionale T20-reeks tussen die drie lande in Nepal begin volgende Dinsdag by dieselfde venue.

• Namibië se volgende minitoernooi in die WCL2-reeks lê in Mei voor, wanneer die Eagles en Oman die besoekers in Skotland sal wees.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-11-26

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!