• Home
  • Sport
  • Sterbelaaide Bulle bring 'n paar oud-Bokke saam

Sterbelaaide Bulle bring 'n paar oud-Bokke saam

Rugby
Die Pretorianers bied 'n groot toets vir Prince !Gaoseb en sy Welwitschias-span.
Andrew Poolman
Gewese Springbokke is deel van die pakket vir die Vodacom Blou Bulle se aanslag op Saterdag se vriendskaplike wedstryd teen die Windhoek Beer Welwitchias (afskoptyd 15:00 in die Hage Geingob-stadion).

Die uitdaging voor afrigter Allister Coetzee se Namibiese groep, wat meestal uit die binnelandse klubs saamgestel is, is om hierdie kans aan te gryp en ‘n behoorlike kleim af te steek vir insluiting die toets teen Portugal op 13 Julie in Windhoek.

Een van die Bulle se nuutste aanwinste is die gewese Springbokvleuel Aphiwe Diyanti. Op 29-jarige leeftyd maak hy met ‘n tweejaarkontrak ‘n nuwe begin ná die ompad wat sy loopbaan moes neem toe hy in 2019 positief vir verbode middels getoets het en vir vier jaar geskors was.

Dié terugslag het ‘n einde gebring aan Dyanti se internasionale loopbaan nadat hy in sy debuutseisoen ses drieë in 13 toetse gedruk het en deur Wêreldrugby vir die beste internasionale deurbraak in 2018 vereer is.

Die 33-jarige losvoorspeler Nizaam Carr (vyf toetse, 2014-2016) en senter Lionel Mapoe (14 toetse, 2015-2018) is ook deel van die Ligbloues se korps van ervaring.

Die ewe gesoute en bedrewe vleuel en heelagter Sergeal Petersen het ewe min bekendstelling nodig. Sy vorm is ook geensins onder verdenking nie, ná die twee briljante drieë wat hy in die VRK-semifinaal teen Leinster gedruk het.

Losskakel Jaco van der Walt, wat ‘n paar toetse vir Skotland gespeel het, sal ook onthou word as een van die Bulle wat verlede jaar betrokke was teen die Welwitschias by Windhoek Hoërskool se Vegkop-stadion. Die Bulle het die vriendskaplike wedstryd, deel van die Namibiese afronding vir die Wêreldbeker, gemaklik met 43-30 gewen.

Zak Burger, Chris Barend Smit, Stravino Jacobs, Jannes Kirsten, Cobus Wiese en die 37-jarige stut Jacques van Rooyen is meer net sommige van die vele deurwinterde professionele spelers in die talentvolle Bulle-groep.



Bulle-afrigter

Die Bulle het gister op sosiale media die aanstelling van Phiwe Nomlomo as hul hoofafrigter bekend gemaak met die oog op die Curriebeker-reeks wat volgende week begin.

Nomlomo word bygestaan deur Werner Kruger (voorspeler-afrigter), Kennedy Tsimba (agterspeler-afrigter), met Jean Tiedt wat na die verdediging sal omsien.

Die Ligbloues skop hul aanslag op vanjaar se Curriebeker-titel af op 7 Julie teen die Westelike Provinsie in Kaapstad. Die Pretorianers het verlede jaar in die halfeindronde teen die uiteindelike kampioen, die Cheetahs, vasgeval.

Nomlomo het hom verlede jaar as vaardigheidsafrigter by die Bulle aangesluit. Tevore was hy onder meer ’n hulpafrigter by die Haaie en het hy die Suid-Afrikaanse Skole A-span, sowel as die Grens se Cravenweek-span gebrei.

Nomlomo neem die leisels as Curriebeker-afrigter oor by Jake White, die Bulle se direkteur van rugby, wat ook tevore die span afgerig het.

Kruger is ’n voormalige Springbok-stut wat in 2021 sy stewels opgehang het ná meer as 200 wedstryde vir die Pretorianers.

Tsimba is ’n voormalige toetsspeler van Zimbabwe wat ook onder meer vir die Bulle, die Vrystaat en die Pumas diens gedoen het.

White, Nomlomo, Tsimba en Kruger is almal in die Bulle se bestuursgroep vir die naweek.

Die Bulle se spelersgroep na Windhoek: Alulutho Tshakweni, Dylan Smith, Joe van Zyl, Khutha Mchunu, Juann Else, Francois Klopper, Cobus Wiese, Jacques van Rooyen, Jannes Kirsten, Merwe Olivier, Nama Xaba, Abu Ndabambi, Sintu Manjezi, Corné Beets, Nizaam Carr, Mihlali Mosi, Zak Burger, Bernard van der Linde, Boeta Chamberlain, Jaco van der Walt, Stravino Jacobs, Aphiwe Dyanti, Lionel Mapoe, Chris Barend Smit, Henry Immelman, Sergeal Petersen, Devon Williams.

Die Ligbloues strewe om die Curriebeker weer omhoog te kan hou, vir die eerste keer sedert 2021 toe hulle die Haaie met 44-10 in die eindstryd op Loftus Versfeld geklop het.

Comments

Namibian Sun 2024-07-02

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 32° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 8° | 27° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 7° | 24° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 10° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:44, High tide: 13:07, Low Tide: 18:54, High tide: 01:19 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:05, Low Tide: 18:52, High tide: 01:17 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:04, Low Tide: 18:52, High tide: 01:16 Rehoboth: 7° | 25° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 8° | 25° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 9° | 21° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 26° Lubumbashi: 11° | 28° Mbabane: 11° | 27° Maseru: 6° | 18° Antananarivo: 6° | 21° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 15° | 30° Windhoek: 7° | 24° Cape Town: 12° | 15° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 12° | 19° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.58 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.77 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 862 | USD to BWP 13.66 | USD to EGP 48.11 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1504.9 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 23.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1772.61 Down -1.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13245.01 Down -0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27985.89 Up +0.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9374.78 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 330.84/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.37% | Zinc US$ 2 935.80/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.10/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 997.18/OZ UP +2.06% Sport results: Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 32° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 8° | 27° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 7° | 24° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 10° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:44, High tide: 13:07, Low Tide: 18:54, High tide: 01:19 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:05, Low Tide: 18:52, High tide: 01:17 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:04, Low Tide: 18:52, High tide: 01:16 Rehoboth: 7° | 25° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 8° | 25° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 9° | 21° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 26° Lubumbashi: 11° | 28° Mbabane: 11° | 27° Maseru: 6° | 18° Antananarivo: 6° | 21° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 15° | 30° Windhoek: 7° | 24° Cape Town: 12° | 15° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 12° | 19° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.58 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.77 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 862 | USD to BWP 13.66 | USD to EGP 48.11 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1504.9 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 23.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1772.61 Down -1.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13245.01 Down -0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27985.89 Up +0.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9374.78 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 330.84/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.37% | Zinc US$ 2 935.80/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.10/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 997.18/OZ UP +2.06%