Soyizwapi: Ons gee onsself 'n kans op medalje
Sewesrugby
Ses maande gelede was die 2024 Olimpiese Spele in Parys die laaste ding waaroor Siviwe Soyizwapi gedink het, aangesien hy nog besig was om van 'n kniebesering te herstel en terwyl die Blitsbokke besig was om uit die outomatiese kwalifiserende posisies op die HSBC SVNS-puntelys te tuimel.
“Ek het in daardie stadium gevoel dat my liggaam my in die steek gelaat het,” onthou Soyizwapi.
“My herstel het nie volgens plan verloop nie en die besering het nie gereageer soos ek gehoop het dit sou nie. Ek kon myself nie weer in 2024 vir die Blitsbokke sien speel nie.”
Nadat hy ’n paar seisoene die Blitsbokke se gereelde kaptein was, het Soyizwapi se afwesigheid beteken dat hy nie die span se insinking kon afweer nie. Sy ervaring van 50 plus-toernooie in die wêreldreeks kon nie gedeel word nie.
Gister toe die Springbok-sewesspan na Frankryk vertrek het vir hul derde opeenvolgende Olimpiese Spele, het die silwer randjie deur die donker wolke van ses maande tevore gebreek.
"Baie het verander en alles ten goede," het hy gesê. “Ons gaan Frankryk toe met die wete dat ons onsself gaan druk om 'n uitslag te kry.
“Ons het ongelooflik hard gewerk om onsself terug in die wedloop vir 'n medalje te plaas. Vir my persoonlik maak dit ‘n groot verskil dat my liggaam weer op volle sterkte is en dat my spanmaats fiks en gereed is vir hierdie opwindende reis. Ons weet wat ons weet, om die bekende frase te gebruik.”
Die 31-jarige vleuel gaan na sy tweede Olimpiese Spele, maar min sal stry dat die eerste een in Tokio in 2021 'n onvergeetlike een was. Die Blitsbokke het ondanks ’n vroeë Suid-Amerikaanse rooikaart in die kwarteindronde teen Argentinië verloor en moes sonder die afrigter Neil Powell klaarkom, wat in isolasie in Kagoshima City was.
“Dit was nie waaroor ’n mens gedroom en vir die Olimpiese Spele in die vooruitsig gestel het nie,” vertel Soyizwapi, “maar hierdie keer kan ons die volle ervaring inneem, ander atlete ontmoet en die ander Suid-Afrikaanse deelnemers ondersteun.
“Dis ook hoekom ons hierdie een wil laat tel. Ons glip onder die radar in, maar ek glo ons kan al die pad gaan.”
Die Blitsbokke kom vandag in Frankryk aan en vestig hulle in die Olimpiese atletedorpie, met die sewesrugbytoernooi vir mans wat van 24 tot 27 Julie by die Stade de France plaasvind.
Suid-Afrika sal teen Ierland, Nieu-Seeland en Japan in groep A te staan kom. Argentinië, Australië, Samoa en Kenia sal groep B meeding, terwyl in groep C, gasheer Frankryk en die verdedigende kampioen Fidji teen die VSA en Uruguay te staan kom.
Die Blitsbok-groep vir 2024 Olimpiese Spele
(* dui Tokio 2021 aan, **Rio 2016)
Christie Grobbelaar, Ryan Oosthuizen, Impi Visser *, Zain Davids *, Quewin Nortje, Tiaan Pretorius, Shaun Williams, Selvyn Davids * (kaptein), Tristan Leyds, Rosko Specman **, Siviwe Soyizwapi *, Shilton van Wyk, Ronald Brown * en Katlego Letebele (reisende reserwes).
Blitsbokke se groepwedstryde (Namibiese tye):
Woensdag 24 Julie, 17:30 tn Ierland, 21:30 tn Nieu-Seeland.
Donderdag 25 Julie, 16:00 tn Japan.
- SuperSport

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article