• Home
  • Sport
  • QSB-atletiekkamp spog met wêreldklas afrigters

QSB-atletiekkamp spog met wêreldklas afrigters

ATHLETICS
Kristien Kruger
Die jaarlikse Quiton Steele Botes-atletiekkamp het vanjaar gespog met ervare afrigters van Namibië, Suid-Afrika en selfs die buiteland.

Hulle het vanaf 7 tot 10 Januarie hulle kundigheid met plaaslike atlete van alle ouderdomme gedeel. Dit was die 32ste opeenvolgende jaar wat dié kamp aangebied word en die organiseerder van die kamp, Leoni van Rensburg, het bevestig dat sowat 160 atlete vanjaar deelgeneem het.

Een van die internasionale afrigters wat vanjaar by die kamp betrokke was, is die Duitse voormalige langafstandatleet, Markus Pingpank.

Ná sy uittrede uit die sport het hy na afrigting oorgegaan en deel nou sy kennis en ervaring met ander atlete.

Duitse afrigter Hans Peter Thumm het ook sy uitgebreide ervaring na Namibië gebring. Thumm het al verskeie sportontwikkelingsinisiatiewe wêreldwyd gelei en in vennootskap met die Duitse Olimpiese Sportfederasie gewerk.

Die top Nederlandse middel- en langafstandafrigter Grete Koens het ook vir die tweede agtereenvolgend jaar aan die kamp deelgeneem.

Afrigters van Suid-Afrika het ook oor die grens gereis om weereens by die kamp te wees. Dit sluit in verspringafrigter Charley Strohmenger wat hierdie jaar hekkiesatlete gehelp het en hoogspringafrigter Jonathan Greyvenstein. Albei afrigters is al vir meer as 10 jaar by die kamp betrokke.

Ander Suid-Afrikaanse afrigters sluit in Morne van As wat vir spiesgooiafrigting verantwoordelik was en Louis Nienaber van die Boland Paalspring-akademie wat ook destyds die suksevolle Suid-Afrikaanse paalspringer, Okkert Brits, afgerig het.



NAMIBIESE AFRIGTERS

Roger Haitengi het as jongatleet self die kamp bygewoon en het nou as ’n ervare afrigter in Suid-Afrika na die kamp teruggekeer.

Die nasionale driesprongrekordhouer het sedertdien ’n top driesprong- en verspringafrigter in Suid-Afrika geword en dien nou as die bestuurder en afrigter van die Universiteit van Johannesburg se atletiekklub.

Ander Namibiese atlete wat talentvolle afrigters geword het, sluit in Ryan Williams, die huidige Namibiese mansdiskusrekordhouer met 'n afstand van 61,15m en FC Pieterse wat vir baie jare Namibië se voorste manlike hekkiesatleet was.

Henk Botha, die afrigter van die Namibiese steratlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi, het die naellope by die kamp behartig terwyl Nadine van der Merwe die hamergooi en Matt Isaacs die middel- en langafstand hanteer het.

Lucky Gawanab en Chantelle van den Berg was by die groep kinders onder die ouderdom van nege.



’N LEGENDE

Die kamp is na Quintin Steele Botes vernoem nadat hy in 2014 op die ouderdom van 54 gesterf het ná ’n lang stryd teen kanker.

Botes het die kamp begin met die oog daarop om onderwysers voor te berei vir die atletiekseisoen wat voorlê en die kamp het sedertdien geweldig gegroei.

Van Rensburg het ná Botes se afsterwe by hom oorgeneem en hou aan om die kamp elke jaar te organiseer.

Volgens van Rensburg reël sy die kamp elke jaar met passie omdat sy en Botes dieselfde droom gehad het – om atletiek in Namibië lewendig te hou.

“Met die kamp kom herinneringe van ’n legende terug. ’n Korter lewe gegun, maar soveel vermag en geïnspireer. Hy laat ’n weergalose nalatenskap,” vertel Botes se jarelange vriend en mede-atletiekkenner, Malan Kruger.



BORGE

Die hoofborg van hierdie jaar se kamp was Crystal Gold. Die ander borge wat die kamp ondersteun het was Konica Minolta Namibia, Pupkewitz Toyota, Interpack Beverages, ATKV, Food Lovers Market, Coca-Cola en Arrebbusch Travel Lodge.

Comments

Namibian Sun 2025-01-18

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!