Oorwinning wink vir Beatrice

Atletiek
'n Nuwe hofsaak kan Beatrice en ander vroue-atlete weer moed gee.
Tielman Van Lill
Die 21-jarige Beatrice Masilingi behoort binne die volgende twee maande Wêreldatletiek se groen lig te kry om weer amptelik die atletiekbaan te betree.

Sy het ietwat later met haar testosteroonbehandeling as haar landgenoot en voormalige oefenmaat Christine Mboma begin, wat op 5 April 2024 die goedkeuring van Wêreldatletiek gekry het om weer amptelik in 100- en 200-meter-naellope te mag hardloop.

Beatrice kan na verwagting vroeg in Junie die jawoord ontvang en het dan tot einde Junie die kans om vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys te kwalifiseer.

Beatrice en Christine is twee van verskeie internasionale elite senior vroue-atlete wat sedert 31 Maart 2023 deur Wêreldatletiek verbied was om vir enige baanitem aan te tree. Die regulasie het ‘n opskudding veroorsaak, maar soos later in dié berig verduidelik word, het dit ‘n nuwe deur vir die verontregte atlete geopen.

Weens hul natuurlike verhoogde testosteroonvlakke van meer as vyf nanomoles per liter (nmol/L), was die twee Namibiërs in 2021 kort voor die Olimpiese Spele deur Wêreldatletiek gedwing om die 400 meter-naelloop vaarwel te roep.

Agesien van die 400, is atlete in dieselfde bootjie ook weerhou om hul spykerskoene kompeterend vir baanitems soos die 800, 1 500 en een myl vas te knoop.

Hulle kon wel nog aan die 100 en 200 deelneem en Christine het ‘n silwermedalje in die 200 by die Olimpiese Spele in Tokio vir haar land gewen, terwyl Masilingi ook in die finaal aangetree en sesde was.

Hierdie “voorreg” is verlede jaar op 31 Maart ook van hulle ontneem toe die mat summier deur Wêreldatletiek onder hul spykerskoene uitgepluk is.

Wêreldatletiek het toe besluit dat die toegelate vyf nanomols per liter te veel was en het die perk tot na 2.5 nanomols per liter verlaag.

Me. Joan Smit, sekretaris-generaal van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, sê Beatrice is opgewonde oor die toekoms.

“Beatrice is bykans ‘n jaar reeds terug in Namibië en oefen elke dag. Hoewel sy later as Christine met haar testosteroonbehandeling begin het, is haar ses maande tydperk einde Mei verby wees. Sy verkeer binne die vereiste perk van Wêreldatletiek se 2.5 nanomols per liter en sy kan binne die eerste week in Junie die groen lig van Wêreldatletiek kry.

“Die vensterperiode vir Olimpiese kwalifisering sluit op 30 Junie, dus het sy genoeg tyd om haar stempel af te druk. Beatrice is baie positief oor die toekoms en is tans goed op peil. Ons monitor haar vordering en sal sorg dat sy die nodige blootstelling voor die Olimpiese Spele kry.

“‘n Oefenkamp word beplan om die finale afronding voor die Spele in Parys te doen,” het Smit gesê.



Nuwe hofsaak en wending

Die bekende Suid-Afriaanse middelafstandatleet, Caster Semenya, is ‘n tweemalige Olimpiese 800 meter-kampioen wat sedert 2009 namens sogenaamde DSD-atlete vir haar regte veg.

Semenya het in 2019 finaal haar appèlsaak teen Wêreldatletiek in die Hof vir Arbitrasie in Sport in Switserland verloor. Ná 'n reeks verdere appèlle het die Europese Hof vir Menseregte in Julie 2023 bevind dat Semenya se reg op nie-diskriminasie deur die Switserse staat geskend is.

In 'n mediaverklaring ná die uitspraak het Wêreldatletiek verklaar dat die huidige regulasies, soos goedgekeur in Maart 2023, in plek sal bly, maar dat hulle met die Switserse regering sal konsulteer.

Wat Wêreldatletiek nie in gedagte gehou het nie, is dat sy regulasies van 31 Maart 2023 eers ingestel is nadat Semenya haar finale appèlsaak verloor het. Dit het opnuut vir die verontregte vroue-atlete ‘n deur na die Hof vir Arbitrasie in Sport geopen.

Dit is ‘n nuwe stel reëls en regulasie in ‘n landery want nog geploeg moet word en Semenya sal glo opnuut haar saak saam met ander vroue-atlete beveg.

Henk Botha, afrigter van Christine Mboma, sê: “Ek was vir inligting gekontak deur die prokureurs wat die nuwe saak teen Wêreldatletiek aanvuur. Die saak is vir die eerste week in Mei op die rol by die Hof vir Arbitrasie in Sport in Lausanne bestem.

“As ek reg onthou, moet uitspraak binne vyf dae gelewer word. Indien die saak gewen word, sal al die vroue-atlete wat deur Wêreldatletiek se onsinnige regulasies ingeperk word, ongehinderd mag meeding.

“Volgens die prokureurs klop Wêreldatletiek se sommetjies nie en bestaan daar geen wetenskaplike navorsing wat hul vereiste vlak van 2.5 nanomoles per liter ondersteun nie. Volgens die prokureur is die kanse uitstekend om hierdie keer die hofgeding te wen.”

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A