• Home
  • Sport
  • Ongos maak Rehoboth Rugby Klub se dag

Ongos maak Rehoboth Rugby Klub se dag

Rubgy
Otis Daniels
Die vier rugbyklubs Kudus, United, Wanderers en Rehoboth het vandeesweek hul langverwagte prysgeld by die hoofborg Ongos Valley ontvang.

Volgens 'n beampte van Ongos het daar ‘n paar dinge skeefgeloop en dit het veroorsaak dat die vier klubs ‘n rukkie langer in die ry moes staan vir hulle prysgeld. 'n Verteenwoordiger van Ongos het laat weet dat die geldjies van United en Wanderers glo voor die einde van Vrydag sag en veilig in hul bank rekening betaal sou word.

Daar heers egter kommer oor die insette van Keith Allies, ‘n man wat geen bekendstelling nodig het in plaaslike sportkringe nie. Allies en beamptes van Western Suburbs is die ysters agter al die organisering van die Ongos sewes. Hy het laat weet dat hy ook nog geen vergoeding ontvang het nie.

Hoe dit ook al sy, Kudus se voorsitter, Irvin Izaaks was tevrede met die prysgeld en het die borge bedank vir hul insette om rugby in Namibië op alle vlakke te ontwikkel. Ja dis nogal waar want in die eindstryd het Kudus met klomp jongmanne teen die gedugte United kombinasie opgedraf en daar is verwag dat dat United verspot maklik aan die wenkant sou eindig. Dit was ‘n opwindende stryd wat toeskouers telkens op hul voete gebring het veral die spelpeil van die paar jong seuns in Kudus se kleure wat vir die eerste keer sewes rugby gespeel het.

Die naaswenners United was ook vol lof vir die manne van Ongos wat die leisels geneem het om ‘n sewestoernooi van so ‘n format aan te bied. Alles het seepglad verloop op Keetmans en Windhoek, alhoewel daar ‘n paar haakplekke op Swakopmund was. Nietemin is dit ‘n eerste vir die maatskappy wat baie wyser geraak het indien hulle volgende jaar weer eens ‘n sewestoernooi sou aanbied.

Op Rehoboth kon die klub hul jaareindfunksie hou nadat hul geld deur Ongos inbetaal is vir hul vierde plek in die sewestoernooi wat onderskeidelik op Keetmans, Swakop en Windhoek plaasgevind het. Die voorsitter van die klub, Marcel Diergaardt, het by navraag gesê; “ons was so effens op ons senuwees toe die geldjies nog nie inbetaal was nie, maar Vrydag was dit daar en ons het vining die jaar se eindfunksie beplan. Dankie Ongos, julle het ons laat sweet maar dit was alles die moeite werd.”

Comments

Namibian Sun 2025-01-19

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!