• Home
  • Sport
  • Oman stel Eagles voor nuwe uitdaging

Oman stel Eagles voor nuwe uitdaging

Krieket
Kaptein Gerhard Erasmus was 'n doring in hul vlees in 'n onlangse T20-reeks in Oman, maar hierdie keer is David Wiese en Ruben Trumpelmann afwesig.
Tielman Van Lill
Die Richelieu Eagles begin vandag hul aanslag op die driehoekige mini-toernooi in die ICC Wêreldbeker Liga Twee-reeks (2024-2027) in Dundee, Skotland.

Twee internasionale eendag-ontmoetings elk teen die gasheerspan en Oman is in die vooruitsig, met Oman vandag eerste aan die beurt.

Op die reeks se algehele puntelys van sewe lande is Namibië tans tweede ná Kanada en vier wedstryde is, sal vandag by Dundee teen Oman op die veld stap.

Skotland is komende Saterdag volgende aan die beurt en dan weer op 26 Julie.

Al drie spanne het pas van die afgelope T20-Wêreldbeker teruggekeer, waar hulle saam gegroepeer was. Die Eagles het Oman ná ‘n gelykoptelling in ‘n superboulbeurt danksy David Wiese verslaan, maar kon op hul beurt nie die Skotte se versnelling met die kolf afweer nie.

Die Skotte kon hulself werklik ongelukkig ag om nie die kwarteindronde van die T20-Wêreldbeker te kon haal nie.

In Skotland se eerste eendagwedstryd Maandag teen Oman was hul kolwers weer uitmuntend op dreef, hoewel die krieketgode nie aan hul kant was nie. Die gasheer het wel Oman vir 123 in 38 boulbeurte uitgeboul, maar Skotland se momentum is ná 12.2 boulbeurte gestuit toe die wedstryd uitgereën het.

Op 99 vir die verlies van net twee paaltjies, was die gasheerspan op koers om die uitslag binne net nog drie boulbeurte (teen hul koers van agt per boulbeurt in daardie stadium) te beklink.

George Munsey (47 van 34 balle, ses viere, een ses) het die gasheerspan met mening op die aanval geplaas, ná die goeie boulwerk deur Jasper Davidson (4/23 in 8 bb) en sy medewerkers.



Mededinging

Oman ondervind nogal die wind van voor in onlangse tye. ‘n Positiewe uitslag in hul eerste wedstryd van die Wêreldbeker Liga Twee-reeks kon die span die wêreld se goed gedoen het.

Die Midde-Oosterse span sal nietemin verlig voel dat twee dorings in hul vlees hierdie toer misloop. David Wiese het uit die internasionale spel getree en die linkerarm-snelbouler Ruben Trumpelmann, wat hulle in Bridgetown met twee paaltjies in sy eerste boulbeurt en 4/21 geteister het, tuis moes bly met 'n kniebesering.

Namibië se onlangse reeksloesing (4-1) teen ‘n sterk Punjab-toerspan van Indië in Windhoek het hopelik bygedra om die oorskakeling vanaf T20- tot die eendagspel te vergemaklik.

Die Eagles het 42 persent van hul kragmetings teen Oman gewen wanneer hulle eerste gekolf het, met 39 persent sukses wanneer hulle eerste geboul het.

Oman kon slegs drie persent van sy ontmoetings teen Namibië wen wanneer hulle eerste gekolf het en 16 persent in tweede kolfbeurte.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-09-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.58 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.71 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.81/OZ UP +0.99% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 919.30/T DOWN -0.6% | Brent Crude Oil US$ 74.50/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 985.96/OZ UP +0.33% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.58 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.71 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.81/OZ UP +0.99% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 919.30/T DOWN -0.6% | Brent Crude Oil US$ 74.50/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 985.96/OZ UP +0.33%