Nigerië en Zambië rek treë vir Afrika-titels
Muurbal
Met Egipte en Suid-Afrika afwesig is Nigerië se vrouespan en Zambië se manspan tans in beheer van die Afrika-muurbalkampioenskap in Windhoek.
Die Trustco Afrika-muurbalkampioenskap by Wanderers-klub in die hoofstad se tweede dag van aksie in die spankompetisie is Dinsdag beslis, waar Nigerië, Zambië en Zimbabwe in beide die mans en vroue-afdelings sake oorheers het.
Beide die Namibiese vroue en mans het goed teen Uganda oorheers, maar die vernuf van Nigerië, Zambië en Zimbabwe was te veel vir die gasheerspanne om te hanteer.
Een van die hoogtepunte vir die plaaslike ondersteuners was Max Endjala se suksesvolle terugvegpoging teen sy Ugandese opponent, nadat hy die eerste twee stelle verloor het en nogtans met 3-2 teen Kadoma Paul Kasirye gewen het.
Brandon Grane het ook sy hande vol gehad om in vyf stelle met 3-2 teen Ivan Wasswa. Tesame met Le-Hugo van Rooyen se oorwinning met 3-0 teen Kawooya Michael Raymond het Namibië die knoop deurgehaak teen Uganda.
Trustco is vir meer as ‘n dekade by muurbal in die land betrokke. Neville Basson, Trustco se hoof van openbare betrekkinge, het die maatskappy se verbintenis herbevestig om muurbal op alle vlakke te ondersteun.
Basson het gesê: "Ons het destyds 'n sterk visie gehad en ons bly daartoe verbind om muurbal na alle uithoeke van Namibië op voetsoolvlak te neem. Meer as 15 jaar later is ons trots om die merkwaardige vordering te sien wat gemaak was, danksy ons vennootskap met die Namibiese Muurbalvereniging."
Uitslae
Namibië-vroue klop Uganda
Adri Lambert wen 3-0 teen Elizabeth Musiimenta / Belinna Koekemoer 3-0 Mugide Safinah / Rozanti Hansen 3-0 Nantambi Shiffah.
Nigerië-vroue wen teen Uganda
Blessing Issac 3-0 Elizabeth Musiimenta / Mostura Durosinlorun 3-0 Mugide Safinah / Abdulraheem Khadijah 3-0 Nantambi Shiffah.
Nigerië oorheers Namibië B
Gabriel Olufumilayo 3-0 Steven Berry / Sulaimon Faruq 3-0 Angelo Titus / Ayomide Oladipupo 3-0 Arno Diekmann.
Zimbabwe oorskadu Namibië A
Blessing Muhwati 3-0 Max Endjala / Callum Lawton 3-0 Brandon Grane / Roy Jambo 3-1 Le-Hugo van Rooyen.
Nigerië wen teen Zimbabwe
Gabriel Olufumilayo 3-0 Callum Lawton / Sulaimon Faruq 3-0 Roy Jambo / Ayomide Oladipupo 3-2 Talent Jambo.
Zambië klop Namibië B
Kundanji Kalengo 3-0 Arno Diekmann / Samson Siame 3-0 Steven Berry / Samuel Kalele Kabwe 3-0 Angelo Titus.
Namibië oorheers Uganda
Max Endjala 3-2 Kadoma Paul Kasirye / Brandon Grane 3-2 Ivan Wasswa / Le-Hugo van Rooyen 3-0 Kawooya Michael Raymond.
Zambië oorskadu Uganda
Kundanji Kalengo 3-1 Kadoma Paul Kasirye / Manda Chilambwe 3-1 Ivan Wasswa / Samuel Kalele Kabwe 3-1 Kawooya Michael Raymond.
Puntestand ná twee kompetisiedae
Vroue: Nigerië (28), Namibië A (25), Uganda (5).
Mans: Zambië (56), Nigerië (42), Zimbabwe (32), Namibië A (15), Uganda (7), Namibië B (1).
Die Trustco Afrika-muurbalkampioenskap duur tot komende Saterdag wanneer die enkelspelfinale afgehandel word.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article