• Home
  • Sport
  • Namib War II lewer topklas vermaak

Namib War II lewer topklas vermaak

Gevegsport
'n Ongelukkige skouerbesering het in die hoofgeveg klaargespeel met die Namibiese hoop op 'n interkontinentale titel.
Tielman Van Lill
Die Namibiese arm van Ring Contact Fighting Arts International het Saterdag by Wanderers in Pionierspark ‘n hoogs suksesvolle internasionale kompetisie met sy Namib War II-kampioenskap aangebied.

Vegters van Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe het die aand aan tien gevegte deelgeneem. Die vertonings wat deur die passievolle atlete gelewer was, hou kers vas met die beste wat enige vorm van Mixed Martial Arts-kompetisie (MMA) of bokstoernooi wat tevore in Namibië aangebied was.

Anders as in die gebruiklike MMA bestaan die gevegte net uit skoppe en boks. Geen stoeigrepe word op die krytvloer word toegelaat nie en die vegters mag mekaar nie teen die grond neervel nie.

In die jonger ouderdomsgroepe word net lae skoppe na die bene toegelaat en verder is dit boks. Die senior manne mag enige vorm van skop uitvoer, met boks steeds ‘n prominente deel van die sportkode.



Sportmanskap op sy beste

Die hoofgeveg was ‘n interkontinentale titelgeveg tussen Gerhard van der Westhuizen van Suid-Afrika en Wynand Coertzen van Namibië. Die ontmoeting oor ‘n bestemde 10 rondes van 2 minute elk het sy kwota aksie in die eerste twee rondes gelewer.

Dit was totdat Coertzen se regterskouer uit sy potjie geglip het. Die geveg is stopgesit en Percy Openshaw van Crisis Emergency and Response Services het na Coertzen se besering omgesien. Die geveg is in die tweede ronde hervat, maar dieselfde noodlot het Coertzen opnuut in dieselfde ronde getref en die geveg moes noodgedwonge gestaak word.

Van der Westhuizen, wat as die kampioen bekroon is, het ‘n uiters teleurgestelde Coertzen omhoog opgetel om te wys dat Coertzen ‘n waardige teenstander was.



Medaljetelling vir vloerdissiplines

Namibië: 122 goud + 104 silwer + 60 brons = 286.

Suid-Afrika: 24 goud + 7 silwer + 4 brons = 35.

Zimbabwe: 3 goud.



Klubs

RCFA Windhoek: 54 goud, 46 silwer, 23 silwer.

RCFA Walvisbaai: 29, 23, 10.

RCFA Otjiwarongo: 13, 19, 15.

RCFA Mariental: 20, 12, 11.

RCFA Outjo: 5, 3, 1.

Kickboxing Windhoek: 1, 1, 0.

Elite Suid-Afrika: 21, 5, 3.

Tricore MMA Suid-Afrika: 9, 1, 0.

Bhubezi Fight Club Suid-Afrika: 3, 0, 1.

RCFA Zimbabwe: 3 goud.



Toptien vegters

Die topsewe is almal van RCFA Windhoek.

Eben Conradie: 5 goud, 3 silwer (74 punte).

Karien du Plessis: 5, 2, 1 (72).

Carmi Pauw: 3, 3, 1 (64).

Hanno Cramer: 4, 2, 1 (62).

Annmore Jordaan: 3, 2, 2 (62).

Aldo du Plessis: 2, 3, 2 (60).

Nico Rust: 2, 4, 1 (58).

Joshua Kunert (Otjiwarongo): 3, 2, 1 (56).

Selmay Taylor (Elite): 4, 1, 1 (54).

Ronald Thornley (Windhoek): 3, 3, 0 (54).

Die nommer vir Crisis Emergency and Response Services 24/7 is 061 303 395 of 0833913.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-10-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...