• Home
  • Sport
  • Lionel in sy noppies met eerste Afrika-silwer
Lionel Coetzee
Lionel Coetzee

Lionel in sy noppies met eerste Afrika-silwer

Atletiek
Die enigste medalje sover vir Namibië by die senior Afrika-atletiekkampioenskap in Douala, Kameroen, was teen gisteraand die silwer wat deur die verspringer Lionel Chenoult Coetzee ingepalm is.

Ná ‘n gelykop uitslag met ‘n beste van 7.78 meter elk in die finaal, is Coetzee aanvanklik eerste geplaas teen die tweemalige Suid-Afrikaanse kampioen Cheswill Johnson, voordat ‘n uittel toegepas is en die amptelike uitslag in Johnson se guns verander is.

Die 27-jarige Coetzee, die Namibiese nasionale rekordhouer op 8.27 meter, is nietemin in sy skik met sy kompeterende deelname teen manne soos Johanson, ‘n gewese Afrika-silwermedaljewenner, nadat hy ‘n terugkeer van ‘n beenbesering moes maak.

In die bronsposisie ná die Swakopmunder was Goodness Iredia van Nigerië op 7.75 meter.

In die naweek se 100 meters kon geen van die Namibiese mans of vroue verby die halfeindronde vorder nie.

Christine Mboma was agtste in haar semifinaal in ‘n stadiger 12.06 as in haar uitdun (11.97), terwyl Sadé de Sousa in haar semifinaal vierde was (11.53), maar net die toptwee het deurgedring.

‘n Namibiese nasionale rekord is in die gemengde 4x400 aflos oortref. Hoewel Mahmad Bock, Napuumue Hengari, Ezra nakale en Tuuliki Angala die finaal in 3 minute 28.90 voltooi het, was dit net goed genoeg vir die sesde posisie ná Suid-Afrika (goud), Nigerië en Botswana. Die Afrika-kampioenskap duur tot Woensdag voort.

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!