• Home
  • Sport
  • Haitope, Paulus tree as kampioene na vore
Daniel Paulus. Foto Tielman van Lill
Daniel Paulus. Foto Tielman van Lill

Haitope, Paulus tree as kampioene na vore

Padwedlope
Die nuwe roete wat Saterdag vir die elite atlete in die 21.1 kilometer gewag het, was 'n welkome uitdaging vir die langasems in die halfmaraton.
Tielman Van Lill
Lavinia Haitopi en Daniel Paulus is Saterdag as die nuwe kampioene van die tiende QKR Navachab Gold-halfmarathon by Karibib gekroon.

Haitopi, van die Nampol-klub, het die 21.1 kilometer in 1 uur 16 minute 37 sekondes voltooi, terwyl Paulus van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) met 1:04:38 op die stophorlosie oor die eindstreep gedraf het.

By die eindstreep het Paulus, ná sy tweede oorwinning in ‘n Navachab-halfmarathon, waardering uitgespreek vir die res van die voorste manshardlopers wat hom hard gedruk het.

“Ek het die wedloop vandag geniet. Dit was lekker om my teen die bestes te meet. Die nuwe roete en die oggend se winderige toestande het dinge interessant gemaak.”

Haitope het gesê die bult wat kort ná die wegspring op die roete was, was ‘n uitdaging, maar sy is dankbaar om as wenner uit die stryd te kon tree. Sy is aan die voorberei om by die komende Kaapstad-marathon die 21.1 km-wedloop te takel.

Die Namibiese halfmarathonrekord vir vroue (1:07:49) staan sedert 4 Junie 2022 agter die naam van die gedugte Helalia Johannes.

Martha Shivolo (NCS) was tweede in 1:16:57, met Alina Armas van die Namibiese Weermag (NDF) derde in 1:19:35. Shivolo het verlede jaar die vrouewedloop gewen.

Jeremia Shaliaxwe van Nampol was tweede in die mansafdeling (1:06:50), gevolg deur die gewese Olimpiese marathonhardloper Rainhold Tomas van die NCS in 1:07:56. Shaliaxwe was in 2023 die kampioen.

Paulus is die Namibiese rekordhouer oor 21.1 km met 1:01:10 wat hy op 4 Junie 2022 in Gqeberha, Suid-Afrika, aangeteken het. Hy is een van min Namibiese atlete wat tans aan die deur klop om vir die 2025 Wêreldatletiekkampioenskap in Tokio, Japan, te kwalifiseer.



10 km-wedloop

In die korter afstand, maar nie minder belangrik nie, het die 44-jarige veteraan Helalia Johannes (NDF) geseëvier, met Lucia Lyaalukeni van die NCS tweede en Beata Jeremiah derde.

Johannes is die rekordhouer van die Namibiese 10 km-padwedloop in 30 minute 59 sekondes wat sy op 23 Junie 2019 in Durban, Suid-Afrika, tydens die Spar Grand Prix-reeks behaal het.

By die mans was Simon Paulus (NCS) die vinnigste, gevolg deur Teofilus Lisias tweede en Thomas Shigwedha (NCS) in die derde posisie.

Meer as 700 ywerige drawwers en stappers het Saterdag aan die 21.1 kilometer, 10 km en 5 km-pretloop deelgeneem.

Bethold Karumendu, die jarelange organiseerder van die byeenkoms, droom steeds daarvan om die Navachab-halfmarathon by Karibib ‘n ware internasionale geleentheid te maak.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-10-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...