• Home
  • Sport
  • Franchise-reeks kry weer lyf vir 2024
Die talentvolle Simon Shikongo was verlede jaar een van die jong Turke in die Jets-span. Foto Tielman van Lill
Die talentvolle Simon Shikongo was verlede jaar een van die jong Turke in die Jets-span. Foto Tielman van Lill

Franchise-reeks kry weer lyf vir 2024

Krieket
Tielman Van Lill
Krieket Namibië het gister aangekondig dat sy jaarlikse T20-franchisereeks vir 2024 deur Castle Lite geborg sal word.

Die kompetisie oor ses dae in November tussen konsessiespanne sal opnuut ‘n gewilde toernooi by die United-krieketveld in die hoofstad lewer.

Die elite van die land se krieketspelers word byeen gebring en lewer ekstra opwinding vir krieketliefhebbers en verhoog sodoende die peil van die plaaslike spel. Sedert die ontstaan is die reeks bedoel om T20-spelers ‘n platform te bied om benewens klubwedstryde op ‘n hoër vlak mee te ding en selfs vir nasionale insluiting op die pad na byvoorbeeld die T20 Wêreldbeker mee te ding.

Krieket Namibië sê in ‘n nuusverklaring: “Hiermee bou ons voort op die suksesvolle vennootskap met AB InBev wat Namibiese krieket konstant ondersteun. AB InBev met sy Castle Lite borg tans al KN se plaaslike internasionale toernooie. Die vennootskap versterk opnuut Castle Lite se voortdurende verbintenis om die spel binne Namibië se krieketgemeenskap te verhoog.

“Die opwindende Castle Lite T20-franchisetoernooi sal die hoogste peil van plaaslike krieket in Namibië ten toon stel en sal oor ses dae tussen 15 en 24 November aangebied word.

“Elk van die vier spanne sal eweredig met nasionale spelers, premierligaklubspelers en jong opkomende talent gelaai wees.

“Die toernooi het ten doel om die opkomende spelers blootstelling aan mededingende krieket te bied. Dit sal in 'n professionele omgewing ‘n waardevolle ervaring saam met gesoute spelers wees wat die opkomende talent vir die toekoms opdoen.

“Twee nuwe franchise-houers het hulle by die suksesresep aangesluit, naamlik Naankuse en Green Enterprise Solutions. Die vier spanne is die Naankuse Lions, Green Windhoek Jets, Fish River Eagles en Etosha Wildcats.”

Die Jets sal deur Fortune Matawu afgerig word, wat die Jets verlede jaar tot die T20-franchisekampioenskap gelei het. Timothy Yates sal die Eagles brei, terwyl die beplanning vir die Lions en Wildcats onderskeidelik deur Evert Laubscher en Oscar Nauhaus behartig sal word.

“Die 2024-seisoen bied ‘n vars en mededingende reeks vir spelers wat gretig is om hul merk te maak. Krieket Namibië nooi die publiek om deel van die Castle Lite T20-reeks by United te wees.”

Besonderhede is nog nie bekend gemaak oor die gebruiklike geleentheid waar die vier franchise-spelersgroepe saamgestel sal word nie.



Wedstrydprogram

Vrydag 15 November

09:00 Jets teen Lions. 14:00 Eagles tn Wildcats.

Saterdag 16 November

09:00 Lions tn Wildcats. 14:00 Jets tn Eagles.

Sondag 17 November

09:00 Jets tn Wildcats. 14:00 Lions tn Eagles.

Vrydag 22 November

09:00 Eagles tn Wildcats. 14:00 Jets tn Lions.

Saterdag 23 November

09:00 Jets tn Eagles. 14:00 Lions tn Wildcats.

Sondag 24 November

09:00 Lions tn Eagles. 14:00 Jets tn Wildcats.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-11-21

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!