• Home
  • Sport
  • Emirate druk vroeg stempel af in T20's

Emirate druk vroeg stempel af in T20's

Krieket
Die VAE se aanvallende kolfwerk het hul totaal buite die bereik van die Eagles gestoot.
Tielman Van Lill
Namibië se Richelieu Eagles het Sondag met 40 lopies teen die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) by Wanderersveld in die hoofstad verloor.

Dit was die Emirate se tweede sege uit drie wedstryde in dié formaat teen die Eagles.

Die Verenigde State van Amerika (VSA) het nog nie ‘n T20I teen Namibië gespeel nie, maar sal hul onlangse oorheersing teen die Eagles wil voortsit wanneer die twee lande vandag (14:00) en komende Saterdag by Wanderers op die veld stap.

Die VAE en Namibië sal komende Vrydag vir hul tweede T20I-botsing by dieselfde venue ontmoet (14:00).



Sondag

Emirate (245/2 in 20) klop Namibië (205/8 in 20) met 40 lopies.

Gerhard Erasmus het die loot gewen en verkies om eerste te boul. Die Eagles-boulers het gesukkel en kon slegs die paaltjies van Alishan Sharafu (73 van 33 balle, 8x4, 4x6) en nommer drie Asif Khan (39 van 22 b, 5x4, 2x6) bewerkstellig. Aanvangskolwer Muhammad Waseem (89* van 50 b, 6x4, 6x6) en Basil Hameed op vier (37* van 15 b, 2x4, 3x6) het onoorwonne die Namibiese boulaanval teen ‘n ongewenste hoë tempo van 12.25 per boulbeurt gestraf.

Altesame 174 van die Emirate se lopies het van grenshoue gekom (21x4, 15x6). Erasmus (2/26 in 3) was sy span se topbouler.

JP Kotzé (55 van 32 b, 8x4, 2x6) het puik gevaar teen die nuwe bal, op pad na sy tweede vyftigtal in 37 T20I-kolfbeurte. Die res van die Eagles-paaltjies het so in kolfvolgorde geval: Jan Frylinck (20 van 15 b, 2x4, 1x6), Nicol Loftie-Eaton (25 van 18 b, 3x4, 1x6), Erasmus (37 van 19 b, 3x4, 2x6), JJ Smit (38 van 19 b, 1x4, 4x6), Jan-Izak de Villiers (0 van 1 b), Malan Kruger (13 van 13 b, 1x4), Dylan Leicher (3 van 4 b) en Bernard Scholtz (2* van2 b).

Slegs 132 van Namibië se lopies het van grenshoue gekom (18x4, 10x6) wat die groot verskil (42 lopies) gemaak het.

Muhammad Jawadullah, Ali Naseer en Basil Hameed het elk drie paaltjies vir 6/119 laat val.



Namibië se T20I-rekord (per opponent)

Die Eagles het 43 (63.23 persent) van hul 68 wedstryde gewen vandat hulle in 2019 internasionale T20-status verwerf het. Hiervan was 22 behaal teen minderwaardige teenstanders wat Namibië ook twee keer geklop het.

Bermuda: Wen 1.

Botswana: Wen 5.

Ghana: Wen 1.

Kenia: Wen 2.

Nigerië: Wen 1, verloor 1.

Rwanda: Wen 1.

Singapoer: Wen 1.

Tanzanië: Wen 2.

Uganda: Wen 8, verloor 1.

Teen Wêreldbeker Liga Twee-lande (wen 12, verloor 10)

Nepal: Wen 1, verloor 1.

Nederland: Wen 1, verloor 3.

Oman: Wen 5, verloor 2.

PNG: Wen 1, verloor 2.

Skotland: Wen 3, verloor 1.

VAE: Wen 1, verloor 2.

Teen toetsspelende nasies (wen 9, verloor 12)

Afghanistan: Verloor 1.

Australië: Verloor 1.

Engeland: Verloor 1.

Ierland: Wen 1, verloor 1.

Indië: Verloor 1.

Nieu-Seeland: Verloor 1.

Pakistan: Verloor 1.

Sri Lanka: Wen 1, verloor 1.

Zimbabwe: Wen 7, verloor 4.



T20i’s (wen 43 uit 68)

2019 (wen 12 uit 16)

2021 (wen 9 uit 14). Sewe van die 14 wedstryde is by die T20-Wêreldbeker in die VAE gespeel.

2022 (wen 6 uit 11). Drie wedstryde is die T20-Wêreldbeker in Australië gespeel.

2023 (wen 9 uit 11), met oorwinnings in Windhoek teen Zimbabwe (vier keer), Uganda, Rwanda, Kenia, Tanzanië en Nigerië. Verloor twee keer teen Zimbabwe.

2024 (wen 7 uit 17). Vier wedstryde is in Junie by die T20-wêreldbeker in die Wes-Indiese eilande gespeel . Oorwinnings teen Nepal, Tanzanië, Uganda, Nigerië (3 paaltjies). Teen Oman (wen reeks in Al Amerat 3-2). Verloor teen Nederland en Nepal; een wedstryd teen Nederland sonder uitslag weens reën. By die T20-Wêreldbeker klop die Eagles vir Oman met ‘n superboulbeurt nadat die wedstryd gelykop eindig. Verloor teen Skotland (5 paaltjies), Australië (9 paaltjies) en Engeland (41 lopies). September in Windhoek: verloor teen die Emirate.



VINNIGE FEITE

JP Kotzé se vyftigtal Sondag teen die Emirate is van 27 balle behaal.

Die drie vinnigste internasionale T20-vyftigtalle vir die Eagles:

1 Nicol Loftie-Eaton (18 balle) teen Nepal in Kirtipur (27 Feb 2024).

2 JJ Smit (20 balle) teen Oman in Dubai (29 Okt 2019).

3 Michael van Lingen (22 balle) teen Zimbabwe in Windhoek (25 Okt 2023).

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-10-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Juventus 1 vs 1 Cagliari | Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A