• Home
  • Sport
  • Drie Bokke is finaliste vir Wêreldrugby-toekenning

Drie Bokke is finaliste vir Wêreldrugby-toekenning

Rugby
Tielman Van Lill
Die genomineerde spelers is gister bekend gemaak vir Wêreldrugby se 2024-toekennings wat op 24 November in Monaco oorhandig sal word.

Namibië se eie Jacques Burger en Victor Matfield van Suid-Afrika is deel van die nege beoordelaars op die paneel vir 15-rugby se toekennings dien.

Om as benoemings in aanmerking te kom, moet spelers vir meer as een jaar internasionale rugby gespeel het. Klubrugby kwalifiseer nie.

Die mansfinaliste vir toetsrugby se kategorieë:

Ontluikende speler van die jaar: Sacha Feinberg-Mngomezulu (Suid-Afrika), Immanuel Feyi-Waboso (Engeland), Jamie Osborne (Ierland) en Wallace Sititi (Nieu-Seeland).

Speler van die jaar: Caelan Doris (Ierland), Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit en Cheslin Kolbe (al drie Suid-Afrika).

Beste drie van die jaar: James Lowe (Ierland teen Engeland, Sesnasiesreeks), Lorenzo Pani (Italië tn Wallis, Sesnasiesreeks), Nolann Le Garrec (Frankryk tn Engeland, Sesnasiesreeks) en Akaki Tabutsadze (Georgië tn Australië).

Die droomspan van die jaar, internasionale rugbyspelers spesiale meriete toekenning en afrigter van die jaar sal op 24 November in Monaco aangekondig word.



Die 2023-wenners

Mark Tele’a, vleuel van Nieu-Seeland (ontluikende speler van die jaar), was teen Louis Bielle-Biarrey (Frankryk), Manie Libbok (Suid-Afrika) en Tamaiti Williams (Nieu-Seeland) opgeweeg.

Ardie Savea (speler van die jaar) het die titel voor Bundee Aki (Ierland), Antoine Dupont (Frankryk) en Eben Etzebeth (Suid-Afrika) opgeraap.

Duhan van der Merwe van Skotland (drie van die jaar, teen Engeland) het Damian Penaud (Frankryk), Hugo Keenan (Ierland) en Vinaya Habosi (Fidji) uitgestof.

Andy Farrell van Ierland (afrigter van die jaar) het die regmerkie voor Ian Foster (Nieu-Seeland), Jacques Nienaber (Suid-Afrika) en Simon Raiwalui (Fidji) gekry.

John Smith van Suid-Afrika het die internasionale rugbyspelers se spesiale merietetoekenning verwerf.



2023 Droomspan van die jaar

1 Cyril Baille (Frankryk), 2 Dan Sheehan (Ierland), 3 Tadhg Furlong (Ierland), 4 Eben Etzebeth (Suid-Afrika), 5 Scott Barrett (Nieu-Seeland), 6 Caelan Doris (Ierland), 7 Charles Ollivon (Frankryk), 8 Ardie Savea (Nieu-Seeland), 9 Antoine Dupont (Frankryk), 10 Richie Mo’unga (Nieu-Seeland), 11 Will Jordan (Nieu-Seeland) 12 Bundee Aki (Ierland), 13 Garry Ringrose (Ierland), 14 Damian Penaud (Frankryk), 15 Thomas Ramos (Frankryk).

Vier benoemings wat in 2023 tot die Wêreldrugby-eresaal bygevoeg is, is Dan Carter (Nieu-Seeland), Thierry Dusautoir (Frankryk), George Smith (Australië), Juan Martín Hernández (Argentinië) en Bryan Habana (Suid-Afrika).

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!