• Home
  • Sport
  • Besinning nodig oor Eagles se WB-veldtog

Besinning nodig oor Eagles se WB-veldtog

Krieket
Ondersteuners wat aan gereelde sukses gewoond geraak het, is kriewelrig oor die span se onlangse uitslae.
Tielman Van Lill
Indien die huidige trant voortduur, sal Namibië se senior manspan nie vir die 2027 Wêreldbeker in eendagkrieket kwalifiseer wat gesamentlik in Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe aangebied word nie.

Iewers is ‘n fout met die Richelieu Eagles se spelpeil die afgelope 21 maande waarvoor Krieket Namibië, die afrigtingspan en die spelers (of iemand) sal moet pa staan.

Besorgde ondersteuners wat die Eagles op die hart dra, is dit eens dat Namibiese manskrieket sedert Februarie 2023 se sukseskurwe erg afgeplat het.

In die kalenderjaar 2022 het die Eagles 13 uit 20 ODI’s teen ‘n wenkoers van 65 persent beklink.

Die prentjie het egter in 2023 begin verander met vier seges uit elf wedstryde (36%) en vanjaar vyf oorwinnings uit 12 ODI’s (41%). Die gemiddeld vir die laaste 21 maande is slegs 39%.

Die vraag is waar die tekortkominge is dat die Namibiërs nie meer soos tevore in die taai wedstryde teen opponente van hul portuurgroep die knoop kan deurhaak nie?

Die veronderstelde groeifase oor die afgelope 21 maande met die blootstelling van die jonger geslag het op die oog af nog min opgelewer om oor opgewonde te raak en die uitslae op sigself is ‘n bron van kommer.

Uit ‘n besonder klein beskikbare spelerspoel het die Eagles besondere hoogtepunte in die T20-formaat bereik, maar met die uittrede van David Wiese en die onlangse beserings van snelbouler Ruben Trumpelmann is dit meer noodsaaklik as ooit om in ‘n hoogs kompeterende omgewing jou kaarte reg te speel.

Vrae behoort gevra te word en die enigste oplossing is eerlike antwoorde en gepaste aanpassings.



2027 Wêreldbeker

Suid-Afrika en Zimbabwe is volwaardige lede van die Internasionale Krieketraad (ICC) en kwalifiseer as medegashere regstreeks vir die 2027 Wêreldbeker in die eendagspel. Die topagt spanne op die ICC se ODI-ranglys sal hulle by die twee gashere aansluit. Namibië is slegs ‘n assosiaatlid van die ICC en sal dus ongelukkig die lang pad moet vat om te kwalifiseer.



Slegs vier plekke beskikbaar

Die kompetisie sal uit twee groepe met sewe spanne elk bestaan. Met die toptien plekke reeds bespreek, is daar net vier posisies beskikbaar vir spanne soos Skotland (tans 11de op die ICC-ranglys), Ierland (12de), Nederland (14de), Kanada (15de), die VSA (16de), Nepal (17de), Namibië (18de), Oman (19de) en die Verenigde Arabiese Emirate (20ste).

Namibië het in die onlangse periode met drie posisies teruggesak, terwyl Kanada en die VSA onderskeidelik met vier plekke en een posisies verbeter het.

Die ICC-ranglys is laas op 24 September opgedateer.



Formaat

Dit is hoe spanne vir die oorblywende vier plekke kan kwalifiseer.

‘n Finale uitspeelkompetisie met tien spanne sal gedurende 2027 plaasvind. Die elfde en twaalfde geplaasde spanne op die ICC-ranglys en die topvier spanne in die ICC Krieketwêreldbeker Liga Twee-reeks (CWCL2) sal daar in aksie wees.

Die laaste vier spanne sal nog ‘n verder ompad moet volg om by die finale uitspeelkompetisie te kom. Die onderste vier spanne van die CWCL2-reeks en die toptwee spanne van Groep A en B in die Uitdaagreeks sal mekaar aandurf. Die topvier sal aan die finale uitspeeltoernooi deelneem.

Die agt CWCL2-lande is Kanada, Namibië, Nederland, Nepal, Oman, Skotland, die VAE en VSA.

Die Uitdaagreeks bestaan uit Denemarke, Jersey, Kenia, Koeweit, Papoea-Nieu-Guinee en Katar (A-liga), Bahrein, Hongkong, Italië, Singapoer, Tanzanië en Uganda (B-liga).

Wêreldbekerwedstryde in Suid-Afrika sal in agt stede gespeel wordm, naamlik Bloemfontein (Mangaung-ovaal), Durban (Kingsmead), Gqeberha (St. George’s-park), Johannesburg (Wanderers-stadion), Kaapstad (Nuweland), Oos-Londen (Buffalo-park), Paarl (Bolandpark) en Pretoria (Centurionpark).

Zimbabwe het Bulawayo (Queens-sportklub) en Harare (Harare-sportklub) gereserveer, terwyl Namibië sy nuwe krieketstadion in Olympia, Windhoek sal benut.

By die Wêreldbeker sal net die topdrie spanne in elke groep na die Super 6-ronde vorder, wat deur twee semifinale en ‘n eindstryd gevolg word.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-10-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...