Benguela kuier met sy lede en borge
Hengel
Die Benguela-hengelklub, wat digby die nasionale tennisbane in Olympia geleë is, lewer jaarliks sy kwota hengelaars wat die land op nasionale vlak verteenwoordig.
Om sy hengelaars se koste vir die bywoning van nasionale kompetisies te help dek, bied Benguela-klub jaarliks ’n winterdans aan en ’n aanlynveiling word van stapel gestuur.
Sonder borge sou die passievolle hengelaars nie in staat wees om hul land te verteenwoordig nie.
Patrick Muir, ‘n komiteelid van Benguela, sê: “Hierdie jaar het ons sestien hengelaars gehad wat ons in nasionale en federasiespanne verteenwoordig het. Weens die lae watervlak by Hardapdam was ons genoodsaak om die kompetisies na Nautedam naby Keetmanshoop te verskuif.
“Al die geld wat met die funksies ingesamel word, word weer in die hengelaars teruggeploeg. Benguella het tans 23 geregistreerde hengelaars. Indien enigiemand belangstel om by ons aan te sluit, kan hulle my gerus by 081 129 1113 kontak. Baie dankie aan die borge en publiek wat ons jaarliks ondersteun.”
Benguela bied juis komende Saterdag van 11:00 ’n jolige samekoms (frühschoppen) by sy klubhuis in Hamutenya Wanahepo Ndadi-straat aan om geld in te samel.
Pryse kan gewen word in etlike kompetisies wat aan die orde van die dag sal wees, terwyl daar saam op Kaufee se musiek gesing en gedans kan word.
Benguela bedank die volgende borge vir hul ondersteuning: Agra Mariental, Anandi Guesthouse, Brandberg Rest Camp, Buschman Meat Supplies, Christel Ellis, Den Mining Supplies & Services, Elsabe Engelbrecht, Emanya Lodge, Fischreier Guesthous Swakopmund, Francois Engelbrecht, Gerhard Cornelissen, Gobabis Guesthouse, Gondwana Collection Namibia, Hudup Guesthouse, Ian Copley, Jan Augustyn, Jan-Harm Kolwer, JJJ Joubert Bestdrive, Kaap Agri Mariental, Kudu Panelbeaters, La-Casetta Swakopmund, Naankuse Tambila Farmstead, Patrina’s Hut Hentiesbaai, Ralf Burger, River Crossing Lodge, 3rd Rock Consulting, West Nest Lodge Gobabis en Xico Coetzee.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article