• Home
  • Sport
  • Balt slaan T20-reeks se eerste honderdtal

Balt slaan T20-reeks se eerste honderdtal

Krieket
Tielman Van Lill
Krieket Namibië se Castle Lite T20-konsessiereeks het Vrydagoggend by United in Olympia begin.

Die Green Windhoek Jets en Fish River Eagles is die voorlopers, maar die wenner sal in komende naweek se beslissende botsings bepaal word.

Vrydag is twee kragmetings afgehandel, terwyl die tweede botsing Saterdagnamiddag weens uitgereënde tweede kolfbeurte geen uitslag gelewer het nie.

JC Balt van die Eagles het Vrydag die eerste honderdtal van die kompetisie met ‘n reusekolfbeurt van 115 lopies geslaan.



Vrydagoggend

Green Windhoek Jets (137 vir die verlies van ses paaltjies in 20 boulbeurte) klop die Na/ankusê Lions (131/4 in 20) met ses lopies.

Speler van die wedstryd: Shaun Fouché (Lions).

Topkolwers: Shaun Fouché van die Lions (68 nie uit nie van 58 balle, 4x4, 2x6), Francois du Plessis van die Lions (44 van 45 b, 5x4), Dylan Leicher van die Jets (40 van 48 b, 3x4), Jan Izak de Villiers van die Jets (34 van 24 b, 1x4, 3x6).

Grenshoue (27): Jets 11 (7x4, 4x6), Lions 16 (10x4, 3x6).

Topboulers: Jack Brassell van die Lions (2 paaltjies vir 24 lopies in 4 boulbeurte, ekonomie 6.25), Dylan Leicher van die Jets (2/27 in 4, ekon. 6.75), Tangeni Lungameni van die Lions (2/43 in 4, ekon. 10.75).

Mees ekonomiese boulers: Gerhard Erasmus van die Jets (1/5 in 2, ekon. 2.5), Francois du Plessis van die Lions (1/15 in 4, ekon, 3.75).



Vrydagmiddag

Fish River Eagles (170/4 in 20) klop die Etosha Wildcats (158/7 in 20) met 12 lopies.

Speler van die wedstryd: JC Balt (Eagles).

Topkolwers: JC Balt van die Eagles (115 nie uit nie van 66 b, 7x4, 8x6), Joshuan Julius van die Wildcats (69 van 53 b, 5x4, 4x6), Adriaan Coetzee van Wildcats (36 van 29 b, 3x4, 1x6).

Grenshoue (36): Eagles 19 (11x4, 8x6), Wildcats 17 (11x4, 6x6).

Topboulers: Zhivago Groenewald van Eagles (3/21 in 4, ekon. 5.25), Handré Klazinga van Eagles (3/35 in 4, ekon. 8.75), Danie van Schoor van Wildcats (2/22 in 4, ekon. 5.5).

Mees ekonomiese boulers: Groenewald en Van Schoor.



Saterdagoggend

Wildcats (183/6 in 20) oorskadu die Lions (130 almal uit in 19.3) met 53 lopies.

Speler van die werdstryd: Niko Davin (Wildcats).

Topkolwers: JJ Smit van die Lions (73 van 55 b, 6x4, 5x6), Dian Neethling van die Wildcats (39* van 18 b, 7x4, 1x6), Niko Davin van die Wildcats (30 van 13 b, 4x4, 2x6), Liam Basson van die Wildcats (30, 29 b, 4x4).

Grenshoue (42): Wildcats 27 (24x4, 3x6), Lions 15 (9x4, 6x6).

Topboulers: Bernard Scholtz van die Wildcats (3/24 in 4, ekon. 6), Danie van Schoor van die Wildcats (2/18 in 3, ekon. 6), Ben Shikongo van die Wildcats (2/32 in 4, ekon. 8).

Mees ekonomiese boulers: Nyasha Nyashadzaishe van die Wildcats (1/17 in 3.3, ekon. 4.86), Francois du Plessis van die Lions (0/11 in 2, ekon. 5.5).



Saterdagmiddag

Die Jets kon net 13.1 boulbeurte kolf (92/4) voordat reën die spel gestaak en die wedstryd sonder uitslag afgestel is.

Gerhard Erasmus (58 van 38 b, 7x4, 2x6) het die vyfde vyftigtal van die reeks aangeteken, terwyl Addo Ita (2/18 in 3, ekon. 6) goed vir die Eagles geboul het.



Sondagoggend

Die Jets (171/9 in 20) oorheers met 53 lopies teen die Wildcats (118 almal uit in 18.2).

Speler van die wedstryd: Fungayi Hlupo (Jets).

Topkolwers: Fungayi Hlupo van die Jets (38 van 21 b, 4x4), Zane Green van die Jets (36 van 30 b, 3x4, 2x6), Gerhard Erasmus van die Jets (34 van 18 b, 2x4, 2x6), Jan-Izak de Villiers van die Jets (32 van 22 b, 4x4), Liam Basson van die Wildcats (29 van 27 b, 2x4, 1x6).

Grenshoue (30): Jets 20 (16x4, 4x6), Wildcats 10 (6x4, 4x6).

Topboulers: PD Blignaut van Jets (2/19 in 4, ekon. 4.75), Dylan Leicher van Jets (2/23 in 3.2, ekon. 6.9), Nyasha Nyashadzaishe van die Wildcats (2/32 in 4, ekon. 8).

Mees ekonomiese boulers: Tawanda Sithole van Jets (0/5 in 2, ekon. 2.5) en Fungayi Hlupo (1/3 in 1, ekon. 3), PD Blignaut.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2025-01-25

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!