• Home
  • Sport
  • Bairstow, Brook red Engeland se bas

Bairstow, Brook red Engeland se bas

Krieket
David Wiese se uittrede sal 'n leemte soos min in Namibiese krieket laat.
Tielman Van Lill
Namibië se Eagles (84/3 in 10) moes wel laat Saterdagaand die knie met 41 lopies teen Engeland (122/5 in 10) in hul laaste Groep B-wedstryd by die T20-Wêreldbeker buig, maar in verskeie opsigte was dit die Namibiërs se beste vertoning by die 2024-skouspel.

Nadat die wedstryd weens reën en nattigheid met meer as drie ure vertraag is, het kaptein Gerhard Erasmus uiteindelik die opskiet van die munt gewen en Engeland ingestuur om eerste te kolf.

Die normale 20 boulbeurte per span is eers tot elf en toe tien verminder. Die gewraakte Duckworth-Lewis-Stern-metode wat gebruik word wanneer tyd weens reën verlore gaan, was in volle swang.

Die Eagles-boulers het goed gevaar en het Engeland tot 82 vir drie in agt boulbeurte beperk. Maar toe breek alle hel los en Engeland moker 40 lopies vir die verlies van twee paaltjies van die laaste 12 aflewerings vir 122/5 ná tien boulbeurte. Jonny Bairstow op drie (31 van 18 balle, 3x4, 2x6) en Harry Brook (47 van 20 b, 4x4, 2x6) het saam 78 vir Engeland geslaan.

Die 19-jarige Jack Brassell is in die negende vir 19 lopies gestraf, terwyl Trumpelmann in die finale boulbeurt vir 18 gestroop is. Daar het wel twee paaltjies geval.

In die boulaanval het David Wiese (1 paaltjie vir 6 in 2 boulbeurte), Ruben Trumpelmann (2/31 in 2) en Bernard Scholtz (1/24 in 2) hard gewerk.

Dit was die eerste wedstryd by hierdie T20-Wêreldbeker waar die Eagles-kolwers teen meer as agt per boulbeurt kon vorder.

Michael van Lingen (33 van 29 b, 1x4, 3x6, gevang) en Niko Davin (18 van 16 b, 1x4, 1x6) het ingeklim totdat Davin vrywilliglik uitgetree het (die eerste kolwer in die geskiedenis wat dit by ‘n T20 WB doen) om die potensieel gevaarliker Wiese in sy internasionale afskeidswedstryd kolfkans te gee.

Wiese (27 van 12 b, 2x4, 2x6) het nie geskroom om die Engelse boulers aan te vat nie. Hy het 25 van sy eerste nege balle geslaan, wat waarskynlik die langste ses van die ganse wedstryd ingesuit het.



Regte tyd, regte plek vir Wiese

Die hoogs gerespekteerde 39-jarige Wiese het agterna sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig, ná drie opeenvolgende Wêreldbekers vir Namibië.

Hy het 34 T20I's vir die Eagles gespeel, 532 lopies aangeteken en 35 paaltjies laat kantel. Hy het ook nege eendagwedstryde gespeel, 228 lopies aangeteken en ses paaltjies vir Namibië geneem.

“Die volgende T20-Wêreldbeker is nog twee jaar weg, ek is nou 39 jaar oud, so, in terme van internasionale krieket, weet ek nie of daar genoeg in my oor is nie.

"Natuurlik sou ek nog 'n paar jaar wou speel, ek voel dat ek nog baie het om by te dra. Daar is nie ‘n beter plek as om vir Namibië 'n spesiale loopbaan af te sluit nie. Ek het besonder goeie tye saam met hulle gehad.

“By ‘n Wêreldbeker, teen 'n wêreldklas span soos Engeland, het dit net soos die regte tyd gelyk vir my om vaarwel te sê,” het Wiese gesê.



Engelse verligting

Vir Engeland was dit ‘n geval van reg-of-weg. Indien hul botsing teen Namibië sou uitreën, sou hulle net een punt verdien en op ‘n totaal van 4 geëindig het en dan was die Wêreldbeker vir die tielhouer van 2022 iets van die verlede. Skotland met 5 sou dan saam met Australië (8) tot die Super 8 deurgedring het.

Hartverskeurend vir Skotland, wat Saterdagaand 180 /5 opgestel en die gedugte Australiërs aan die keel beet gehad het, voordat Marcus Stoinis sy waarde gewys het.

Nieu-Seeland, Sri Lanka en Pakistan sal ook eerder dié Wêreldbeker wil vergeet. Teen druktyd gister kon Pakistan en die Kiwi’s elk slegs een uit drie kragmetings wen, terwyl Sri Lanka steeds segeloos was.

Die VSA is die enigste assosiaatland wat wonderbaarlik die groepfase oorleef het.

Die eerste bal van die Super 8-fase word Woensdag 16:30 (Namibiese tyd) tussen Suid-Afrika en die VSA by die Sir Vivian Richards-stadion in Antigua geboul.



Super 8

Groep A: Indië (7 punte), VSA (5), D2.

Groep B: Australië (8), Engeland (5).

Groep C: Afghanistan (6), Wes-Indië (6).

Groep D: Suid-Afrika (8), Bangladesj (4).

Comments

Namibian Sun 2024-09-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.58 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.39/OZ UP +0.97% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.27% | Zinc US$ 2 924.80/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 74.45/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 986.30/OZ UP +0.37% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.58 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.39/OZ UP +0.97% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.27% | Zinc US$ 2 924.80/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 74.45/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 986.30/OZ UP +0.37%