West Nest Lodge trek nuwe baadjie aan
Die bekende West Nest Lodge het ’n splinternuwe baadjie aangetrek nadat ’n verwoestende brand die hoofgebou in Junie verlede jaar verswelg het. Dié lodge het vroeër vandeesmaand sy nuwe hoofgebou geopen en dit spog nou met onder meer ’n binnenshuise swembad. Die eienaar, Awie van der Westhuizen, bedank almal wat die heropening saam met hulle gevier het en sê hy sien uit daarna om nuwe ervarings en herinneringe saam met gaste te skep. Foto Aurelia Afrikaner
Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article