Turksvye verhoog drakrag beduidend
Inligtingsdae lok groot belangstelling
Dr. Herman Fouché is deur plaaslike boere genooi om 'n reeks inligtingsdae op verskeie plekke in die land te hou.
In ’n proeflopie in Brasilië waar turksvye deel van beeste se weiding gemaak is, kon boere hul netto inkomste met 13 keer verhoog, terwyl die drakrag van hul veld 60 keer verbeter het.
“Daar word reeds suksesvol met turksvye in verskillende wêrelddele geboer – Mexiko, Peru, Brasilië, Italië, Chili, Tunisië, die Arabiese State asook droë dele in Noord-Afrika. Die ‘resepte’ is reeds uitgewerk, dit is net vir ons om dit toe te pas en daarin te glo.”
Só het dr. Herman Fouché op Saterdag 8 Julie tydens ’n inligtingsdag oor doringlose turksvye by Kalkfeld gesels, wat deur sowat 150 belangstellendes bygewoon is.
Fouché, ’n navorser met meer as 20 jaar se ondervinding in dié gewas en wat verbonde is aan die Universiteit van die Vrystaat se fakulteit natuur- en landbouwetenskappe, is deur plaaslike boere genooi om ’n reeks inligtingsdae op verskeie plekke in die land te kom hou.
Alle lesings was feitlik volbespreek, met boere wat meer as 300 km gery het om die dag op Kalkfeld by te woon.
“Tydens die eerste proeflopie in Brasilië het beeste in ’n gebied met 50% natuurlike veld en 50% aangeplante bloubuffelgras gewei. Hulle inkomste was dieselfde as in gebiede waar natuurlike weiveld goed bewaar is.
“Daarna is ’n tweede proeflopie gedoen, maar die keer is 40% bloubuffelgras aangeplant, 10% turksvye en 50% natuurlike weiding is behou. Hul netto inkomste was 13 keer hoër as in die eerste proeflopie en die drakrag het verbeter na 5 ha per grootvee-eenheid – sowat 60 maal hul natuurlike drakrag,” het Fouché verduidelik.
“Dit verbaas mense dikwels, want as jy na voedingstabelle kyk, verwag jy nie die tipe prestasie van doringlose turksvye nie.
“Dieselfde gebeur egter met groenvoer – as skape dit eet, verbeter ooie se melkproduksie en presteer diere baie beter,” het Fouché gesê. Hy is van mening dit is omdat vitamien A verlore raak wanneer voer uitdroog.
Hy sê in Brasilië is daar op hoëdigtheidsaanplanting soveel as 800 ton turksvyblaaie per ha geoes – wat 80 ton droë materiaal lewer.
“Plaaslik is dit meer realisties om op sowat 100 tot 200 ton nat materiaal of 10 tot 20 ton droë ton per ha te oes. Dit is sowat tien maal meer weiding as wat jou natuurlike veld kan produseer. Daarbenewens wissel die produksie van doringlose turksvye baie minder tussen seisoene as jou natuurlike weiding, wat beter stabiliteit bied,” het hy gesê.
VOER
Daarteenoor is doringlose turksvye uiters bestand teen droogtes en smaaklik vir vee, maklik om te kweek en te onderhou en ’n veelsydige gewas.
“Dit is beter om droë voer saam met turksvye te gee en onthou ook om proteïene te gee. Turksvye is hoofsaaklik ’n energievoer. Dit bevat sowat 70% van die energie van mielies, maar word geproduseer teen ’n veel laer produksiekoste.
“Onthou dit as jy turksvye in jou voerrantsoen inwerk. Moet dus nie te veel ander bronne van energie soos molasse of mielies byvoeg nie, want dan is dit ’n vermorsing,” het hy gesê.
Fouché het verduidelik daar is verskillende maniere om doringlose turksvye te oes, wat insluit om slegs die blare te oes of die hele plant af te sny. Daarna kan dit opgekerf word om dit beter te benut.
“Tot sowat 70% van melkboere in Brasilië maak gebruik van turksvye as ’n ruvesel.
“Ons was op ’n melkplaas in Brasilië waar ’n boer 250 melkkoeie op 50 ha turksvye onderhou, wat op ’n rotasiebasis benut word,” het hy gesê. Hy sê in sommige gevalle word turksvyblaaie met suikerriet gekombineer en as beesvoer gebruik.
GEBRUIKE
Fouché het verduidelik dat doringlose turksvye een van die mees veelsydige gewasse is, wat deur beide mens en dier geëet word, terwyl dit verskeie nywerheidstoepassings het, soos dat waardevolle olie van sy saad gemaak word, asook ink en selfs ’n tipe kunsleer vir die motor- en modebedryf.
Jong blare, so groot soos ’n mens se hand, word in Mexiko as ’n groente vir mense gebruik – dis ’n stapelvoedsel en ’n gesin van vier benut sowat 6 kg hiervan per week.
Kuilvoer is ook ’n opsie, terwyl blare gedroog kan word en in vee se rantsoene ingewerk word. Nat of gekerfde blare kan ook vir beeste gevoer word. Dit kan saam met droë hooi aan beeste gevoer word in ’n 60-40-verhouding.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article