Standaardwaardes vir die berekening van veeheffings
Die Staatskennisgewing no. 139 van 2012 het bepaal dat die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad (LLPR), die voormalige Vleisraad, jaarliks standaardwaardes vir die volgende finansiële jaar moet bereken.
Dié standaardwaardes vorm die grondslag vir die berekening van heffings waar transaksiewaardes van vee nie geoudit kon word nie.
Vleisraad-heffings word bereken as persentasies van die standaardwaardes tydens die uitvoer en invoer van vee, ter plaatse uit die hand-transaksies, asook tydens verslagting by plaaslike abattoirs.
Die standaardwaardes word bereken volgens die werklike handelswaarde van vee gedurende die vorige kalenderjaar.
Die standaardwaardes wat van toepassing is gedurende die 2024-’25-finansiële jaar sal vanaf 1 April 2024 tot 31 Maart 2025 geïmplementeer word.
Standaardwaardes vir beeste op die hoef beloop N$7 141 en N$15 810 vir beeste vir verslagting. Vir enige transaksie vir bokke is dit N$1 097, vir skape N$1 444 en varke N$3 198.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article