Roots College open sy deure in Februarie

Landboukursusse vanjaar aangebied
Groot belangstelling heers onder voornemende studente om hulself in plant- en dierkunde te bekwaam.
Francoise Steynberg
Roots College op Stampriet maak sy deure vir die eerste keer op 26 Februarie oop.

Volgens Eddie Conradie van Roots College kan voornemende studente nog tot 2 Februarie registreer.

Hy sê die eenjaar-sertifikaatprogram sal studente met die eerste boublokke voorsien om ’n sterk basis te vestig om indiepte-kennis en praktiese landbou- en entrepreneursvaardighede te kry. Die program lê die grondslag vir studente om nasionale diplomas in plant- en dierkunde te verkry.

Conradie is baie opgewonde oor die opening van Roots College, waar die passie vir onderrig en landbou saamgevoeg is vir dié baanbrekersprojek.

“Met die kennis en vaardighede wat by Roots College geleer word, sal landbou-entoesiaste ’n positiewe impak op hul gemeenskappe kan maak deur vaardige werkers en suksesvolle entrepreneurs in die landbousektor te wees. Daar word voortdurend daarna gestreef om werksgeleenthede te skep en Namibiërs se lewensgehalte te verbeter,” het Conradie gesê.

Die sertifikaatprogram behels twee komponente, naamlik teorie en prakties. Conradie sê die teorie-komponent van die studieprogram sal by die Curro-skool Windhoek Gimnasium aangebied word, terwyl die praktiese deel by Roots se plaas by Stampriet sal plaasvind.

Die sertifikaatprogramme vir plant- en dierkunde voorsien die grondslag vir onderskeidelik volhoubare gewas- en veeboerdery oor ’n wye spektrum in beide produksie en bestuur.

Die minimum vereiste vir voornemende studente by Roots College is graad 11.

Ná die voltooiing van die sertifikaatprogram sal ’n student kwalifiseer om verder vir ’n landbou-diploma te studeer of om as ’n toesighouer op ’n plaas met gewas- of veeproduksie te werk.

Volgens Conradie toon studente groot belangstelling en word hy oorval met navrae.

“Die belangstelling is oorweldigend, ondanks ons bemarkingsveldtog wat eers op 27 Desember verlede jaar afgeskop het. Ons kyk reeds na 20 studente,” het Conradie gesê.

Boonop bied Roots College 10%-afslag aan in gevalle waar die volle betaling van die program vandag (16 Januarie) ontvang word.

Roots se visie is om ’n nuwe geslag landbou-entrepreneurs in Namibië op te lei en ’n nuwe era vir voedselproduksie, waardetoevoeging en selfvoorsiening te skep.

Dié heel eerste landboudorp in die land is die breinkind van dr. Johan Rieckert en het in 2017 gestalte gekry.

Die idee is dat ouers wat hulle kinders ná skool na die kollege stuur, in ’n klein boerdery-eenheid belê waar die student kan woon en boer terwyl hulle in landbou opgelei word.

Conradie voeg by vele ander moontlike kursusse soos onder meer toerisme en gasvryheidstudies, finansiële bestuur en rekeningkunde, maritieme studies en akwakultuurboerdery word vir die toekoms beplan.

“Wat egter baie belangrik vir ons is, is dat Roots College en die studierigtings deur die volle registrasies van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid (NQA) gaan en ons volkome by hulle geregistreer word. Ons werk tans ongelooflik lekker saam met hulle,” het hy gesê.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A