Die sentrum vir die koördinering van landbounavorsing en -ontwikkeling vir Suider-Afrika (CCARDESA) was onlangs in Angola waar dit tegniese opleiding vir die implementering van die landbouproduktiwiteitsprogram vir Suider-Afrika (APPSA) gebied het. FOTO CCARDESA
Die sentrum vir die koördinering van landbounavorsing en -ontwikkeling vir Suider-Afrika (CCARDESA) was onlangs in Angola waar dit tegniese opleiding vir die implementering van die landbouproduktiwiteitsprogram vir Suider-Afrika (APPSA) gebied het. FOTO CCARDESA

Projek in Angola tot voordeel van streek

Ses jaar lange program onderweg
Tans implementeer Angola en Lesotho gesamentlik die sogenaamde 43 R&D-subprojek, waarvan die resultate ook tot voordeel van die res van die SADC-streek sal strek.
Elvira Hattingh
Die sentrum vir die koördinering van landbounavorsing en -ontwikkeling vir Suider-Afrika (CCARDESA) was onlangs in Angola waar dit tegniese opleiding vir die implementering van die landbouproduktiwiteitsprogram vir Suider-Afrika (APPSA) gebied het.

Die geleentheid het vanaf 29 April tot 6 Mei plaasgevind en besoekers kon proewe besigtig waar daar onder meer gefokus word om droogtebestande mielies te ontwikkel wat ook bestand teen byvoorbeeld kommandowurms is. Wat mahangu betref, word daar gepoog om ’n variant te plant wat beter in grond met ’n lae pH-vlak vaar.

APPSA is ’n ses jaar lange program wat deur die Wêreldbank gefinansier word. Dit handel oor die gesamentlike toepassing van navorsings- en ontwikkelingsprojekte, wat twee of meer lande betrek, wat binne die CCARDESA-streek val.

Tans implementeer Angola en Lesotho gesamentlik die sogenaamde 43 R&D-subprojek. Dit het te doen met kommoditeite wat van streekbelang is en die resultate sal tot voordeel van beide lande, asook die res van die SADC-streek strek.



BESOEK

Tydens die geleentheid het ’n span afgevaardigdes loodsprojekte besoek waar die eerste en tweede fase van die subprojek tans toegepas word. Wat die eerste fase betref, is die subprojek reeds in ’n gevorderde stadium en sal dit nog binne die komende seisoen uitgefaseer word.

Lande met gewasse soos cassava, mielies, sorghum, mahangu en bone is besoek op plekke soos onder meer Huila, Namibe, Huambo en Cela. Tydens die geleentheid is daar ook ’n wetenskaplike slypskool aangebied waar wetenskaplikes meer kon vertel oor wat al deur die projek behaal is. Dit sluit in terugvoering oor onder meer omgewingskwessies, ontwikkeling van infrastruktuur, aankope, finansies, kommunikasie en die bestuur van kennis.

Deelnemers het die geleentheid gehad om die vordering van die projek te besigtig en voorstelle te maak oor hoe navorsingsmodelle en protokol verbeter kan word vir meer doeltreffende resultate, veral as dit kom by die verspreiding van nuwe tegnologie.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-10-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...