Plaashekpryse ‘n risiko vir voedselproduksie
Landbouers wil bedryf verlaat
Simonis Storm sê plaaslike landbouproduksie het sy hoogste vlak sedert 2015 bereik en van sowat N$9,71 miljard tot N$11,37 miljard gegroei.
Landbouers se onvermoë om die pryse te beïnvloed wat hulle vir hul produksie verdien, is ‘n risiko vir die land se langtermyn voedselproduksie.
Volgens ‘n onlangse verslag deur Simonis Storm toon ‘n opname dat baie landbouers die landboubedryf sal wil verlaat weens die gebrek aan mag om oor oespryse te onderhandel.
Die maatskappy sê dienooreenkomstig word daar oor die afgelope jare talle informele markte opgerig terwyl webwerwe en toeps (apps) die lig sien waar produsente hul produkte direk aan die publiek kan verkoop en sodoende formele handelaars kan vermy.
PRODUKSIE OP HOOGTEPUNT
Simonis Storm sê plaaslike landbouproduksie het sy hoogste vlak sedert 2015 bereik en van sowat N$9,71 miljard na N$11,37 miljard gegroei – ‘n reële verhoging van 17%. Die verhoogde produksie is gedryf deur groter produktiwiteit in die hengel- en gewasproduserende subsektors, terwyl veeboerderye min verandering sedert 2015 getoon het.
“Die bemarking en uitvoere van vee het sterk groei in Maart vanjaar getoon en op ‘n jaar-tot-jaar-basis met 38% gegroei. Die grootste dryfveer was die bemarking van skaap, wat op ‘n jaar-tot-jaar-basis met 53% geklim het, terwyl die bemarking van beeste met 16% verbeter het. Daarbenewens het die bemarking van bokke met 13% gedaal,” sê Simonis Storm.
Luidens die verslag toon die verslagting van vee ook ‘n opwaartse neiging sedert Oktober verlede jaar. Tydens die eerste kwartaal van die jaar het verslagtingsyfers met 9% gegroei, met die verslagting van skaap wat op sy eie ‘n toename van 44% getoon het. Daarbenewens het die verslagting van beeste, bokke en varke afgeneem.
Die maatskappy meen een van die grootste redes agter die beter verslagtingsyfers is dat boere dringende voorbereidings vir die komende droogte tref. Dienooreenkomstig het Meatco onlangs aangekondig dat dit teen volle kapasiteit in April en Mei werk.
VEILINGSPRYSE
Simonis Storm sê die voortdurende swak pryse op veilings kan toegeskryf word aan beurtkrag in Suid-Afrika, wat die vraag daarna verlaag. Die rede is dat boere, handelaars en huishoudings groter onkoste vir die stoor van vleis in vrieskaste en yskaste moet aangaan.
“Die prys van speenkalwers het met 35% oor die afgelope jaar gedaal en het op ’n gemiddeld van N$25,81 per kg in Maart vanjaar te staan gekom. Dienooreenkomstig het die prys vir tollies met 22,3% gedaal, met 7,9% vir boklammers en 3,8% vir skaaplammers.
“Die voortslepende kwessie van bek-en-klouseer in Suid-Afrika, wat tot tekorte in varkvleis gelei het, help steeds dat die prys vir plaaslike varke hoog bly. Oor die afgelope 12 maande het dié prys met 48,9% gegroei,” lui die verslag.
VOEDSELTEKORTE
Die streke waar die ergste voedselkrisisse voorkom, is die Oshikoto-, Kunene-, Hardap- en Zambezistreek, waar tussen 39% en 42% mense nie genoeg kos het om te eet nie.
Simonis Storm sê tot 29% mense in die Omusatistreek het nie genoeg kos om te eet nie, terwyl die situasie vergelykbaar is in Kavango-Oos (26%), Kavango-Wes (24%), Oshikoto (23%), Kunene (20%) en Otjozondjupa (20%). Dit volgens syfers soos bygehou deur die Wêreldvoedselprogram (WFP).

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article