Mutete kan landelike boere hupstoot gee

Eg Namibiese sap vervaardig
Mutete is die Rukwangali-woord vir die Roselle-hibiskusblomme, Hibiscus sabdariffa, waarvan sap, tee en konfyt gemaak word.
Francoise Steynberg
Tradisionele Roselle-hibiskusblomme word tans vanaf Otavi verkry om heilsame Mutete-hibiskussap te vervaardig, maar daar is groot planne vir boere in landelike gebiede in die Noorde.

Mutete-sap, ’n Eg Namibiese produk, pryk reeds op winkelrakke en groot uitbreidings word vir die toekoms beplan.

Mutete is die Rukwangali-woord vir die Roselle-hibiskusblomme, Hibiscus sabdariffa, waarvan die sap gemaak word. In Oshiwambo staan dit bekend as Omutete.

Volgens een van die drie vennote van MYM Trading cc Namibia, Werner Alweendo, gaan landelike boere opgelei word om die tradisionele hibiskus volgens hul standaarde te verbou.

“Mutete groei reeds organies by Otavi, naby Ondangwa waar ek vandaan kom en in die Kavango- en Zambezistreek,” het Alweendo aan Agri Monitor gesê.

Saad word in September gesaai en die plant word gewoonlik in April geoes. Tradisioneel word die blare van die plant as wilde spinasie gekook. Van die kelke of blomme word sap, tee en konfyt gemaak.

Volgens Alweendo is Mutete nie erg sensitief vir weerstoestande nie, behalwe in die winter is dit rypsensitief.

“Deur middel van ’n skema gaan ons boere in landelike gebiede ’n hupstoot met opleiding gee om met die verbouing te begin om hibiskusblomme te lewer.”

Alweendo neem waar as bemarkingshoof en is verantwoordelik vir die produkontwikkeling. Die ander twee vennote is die waarnemende uitvoerende hoof, Fredericks Shipipa, en José Kauhuna is in beheer van verkope.

Die maatskappy se sapfabriek is in Prosperita in die hoofstad geleë en verskaf tans werk aan tien mense.

“In drie maande behoort ons ’n totaal van 15 werknemers in diens te neem. Soos die besigheid stadig maar seker groei, sal die ideaal wees om 21 mense in diens te hê,” het Alweendo gesê.

“Masjinerie sal na verwagting in Maart vanaf die Durban se hawe in Windhoek aankom om aan die aanvraag te voldoen.”

Hy sê die sap verkoop flink in winkels en is reeds beskikbaar in takke van Food Lover’s Market, Spar, OK Foods en OK Express en restaurante in Windhoek, asook Spar Elisenheim en Okahandja en dit sal binnekort in nog winkels beskikbaar wees.

“Ons het ons eie geheime resep vir die Mutete-sap en het veral groot belê in voedselwetenskap om die regte smaak te kry. Sommige ander hibiskusblomprodukte se smaak is te bitter,” het Alweendo verduidelik.

Kennedy Halwoodi is hul voedselwetenskaplike en die Namibiese Instituut vir Standaarde het ook die produk goedgekeur.

Alweendo sê Mutete hou verskillende gesondheidsvoordele in en word deur dokters aanbeveel, soos vir die regulering van bloedsuikervlakke, hulp met gewigsverlies en opgeblasenheid en die reiniging van die spysverteringstelsel. Volgens hom is die sap ryk aan vitamiene C en E en antioksidante en beveg dit inflammasie.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A