Mielie-oes van slegs 20 000 ton geskat (AGRI MONITOR)

Reën kom te laat
Ondanks die swak opbrengs wat in die Mieliedriehoek voorspel word, word verwag dat mieliemeel vir die Namibiese verbruiker nie veel duurder gaan raak nie.
Francoise Steynberg
Weens die swak en sporadiese reënval in die Mieliedriehoek, is vooruitskattings vir vanjaar se mielie-oes 70 000 ton minder as twee jaar gelede.

Dawie Kok, ‘n bestuurslid van die Akkerbouprodusente-vereniging, het aan Agri Monitor gesê tydens ‘n onlangse bestuursvergadering is kommer uitgespreek, omdat die vooruitsigte vir mielieboere nie goed lyk nie.

“Ons het die laaste paar weke reën in die Mieliedriehoek gehad, maar dit reën kol-kol en dit het baie laat begin reën,”het Kok aan Agri Monitor gesê.

“Verlede jaar is 64 000 ton mielies geoes, die vorige seisoen 90 000 ton, maar vir vanjaar se oes word slegs 20 000 ton voorspel.”

Die rede volgens Kok vir die swak oesvooruitskatting is dat baie van die droëlandprodusente nie mielies geplant het nie.

“Weens die droogte kon van die boere nie plant nie. Die gebrek aan winsgewendheid speel ook ‘n rol, want die insetkoste raak te hoog,” het Kok verduidelik.

Aangesien akkerbouers se insetkoste skerp gestyg het, is hul risiko hoër. Diesel is veel duurder asook insette soos kunsmis.

Kok het bevestig insetkoste vir droëland-mielieboere beloop tans sowat N$9 500 per hektaar.

Hy sê besproeiingsboere in die Kavangostreke van AgriBusDev en die groen skemas gaan wel mielies produseer, maar dit is nie gelykstaande aan die produksie van die Mieliedriehoek nie.

In die omgewing van Summerdown is daar mielieboere wat ook nie glad nie geplant het nie.

“Hulle het eerder grondboontjies as mielies geplant, wat goeie wisselbou is,” het Kok gesê.

Die oesvooruitskatting beteken dat meer mielies van Suid-Afrika ingevoer moet word waar voldoende mielies is.

Kok sê die goeie nuus is egter dat die huidige mielieprys in die buurland van so aard is dat mieliemeel vir die Namibiese verbruiker nie veel duurder gaan raak.

“Op hierdie stadium is die prys van mieliemeel nie juis ‘n groot probleem vir die verbruiker nie. Hulle behoort nie veel meer te betaal as normaalweg nie,”het hy gepaai.

Volgens die Buro vir Meteorologie duur die El Niño-verskynsel voort in die tropiese Stille Oseaan. Modelvoorspellings en waarnemings dui daarop dat see-oppervlaktemperature in die sentrale tropiese Stille Oseaan 'n hoogtepunt bereik het en nou daal. See-oppervlaktemperature in die tropiese Stille Oseaan sal na verwagting terugkeer na neutrale El Niño-Suidelike Ossillasie- (Enso) vlakke in die suidelike halfrond die herfs van vanjaar. - [email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A