Die adjunkminister van landbou, Anna Shiweda. Foto verskaf
Die adjunkminister van landbou, Anna Shiweda. Foto verskaf

Mbumba lok beleggers vir groen ammoniak

Afrika Kunsmis- en Grondgesondheidsberaad in Nairobi
Pres. Nangolo Mbumba sê Namibië sal jaarliks sowat drie miljoen metrieke ton groen ammoniak vir streek- en wêreldmarkte produseer.
Francoise Steynberg
President Nangolo Mbumba het ’n beroep op potensiële beleggers gedoen om geleenthede in ammoniak- en kunsmisproduksie in Namibië en ander Afrikalande te ondersoek.

Hy was verlede week ’n spreker by die amptelike opening van die Afrika Kunsmis- en Grondgesondheidsberaad in Nairobi, Kenia.

Mbumba het gefokus op Namibië se ontluikende groenwaterstofsektor wat groen ammoniak as byproduk lewer. Ammoniak is ’n bestanddeel van kunsmis.

Kunsmispryse het die hoogte ingeskiet ná Rusland se inval in die Oekraïne.

Mbumba het gesê Namibië sal jaarliks sowat drie miljoen metrieke ton groen ammoniak vir streek- en wêreldmarkte produseer.

Verhoogde plaaslike produksie van groen ammoniak kan Afrika se voedselproduksie aanvul met kunsmisgebruik.

Hy het gesê ongeveer 70% van Namibiërs is afhanklik van landbou vir hul lewensbestaan.

“Al is die landbousektor se bydrae tot ons land se bruto binnelandse produk tans slegs 8%, ondersteun gewas- en veeboerdery die meerderheid Namibiërs, van wie baie in landelike gebiede woon. ’n Groot persentasie van ons boere beoefen steeds bestaansboerdery, reëngevoede landbou en veeboerdery.

“Verder, gegewe Namibië se dorre tot semi-droë omgewing, word grootskaalse kommersiële landbou deur waterskaarste beperk.”

Die belangrikste gewasse onder besproeiing sluit mielies, koring, groente en voer in.



SUBSIDIES VIR KUNSMIS

Die adjunkminister van landbou, water en grondhervorming, Anna Shiweda, het beklemtoon dat Namibië ongelukkig onder die lande val wat nie die kunsmisverbruiksvlak van 50 kg/ha bereik het soos in die Abuja-verklaring bepaal is nie.

“In hierdie verband het Namibië ’n kabinetsbesluit geneem om kunsmis te subsidieer ten einde die gebruik van kunsmis per hektaar te stimuleer en te verhoog. Daarbenewens is Namibië ook in die proses om beide chemiese en organiese kunsmisproduksie in die land te bevorder deur middel van openbare private vennootskappe,” het Shiweda gesê.

“Ons is ook ingelig dat Afrika elke jaar ongeveer 30 miljoen metrieke ton kunsmis produseer. Ongeveer 90 persent van die kunsmis wat in Afrika suid van die Sahara verbruik word, word egter ingevoer – meestal van buite die vasteland.

“Dit weerspieël ondoeltreffendheid in verskepings- en hawehanteringskoste, verspreidingskettings, beskikbaarheid van inligting en ander handelskwessies.”

Volgens Shiweda is daar derhalwe ’n behoefte aan gesamentlike pogings deur Afrikalande om die afwykings in die handelstelsel reg te stel om te verseker dat voldoende kunsmis beskikbaar en toeganklik vir die boere is.

Afrika-staatshoofde het die Nairobi-verklaring oor kunsmis en grondgesondheid bekragtig, wat die deurslaggewende verbintenisse beklemtoon om die voedingsbalans van die vasteland se uitgeputte grond te laat herleef.

Onder die tema, “Listen to the Land, het afgevaardigdes die huidige toestand van Afrika se grond ondersoek in ’n poging om dringende en toepaslike herstelmaatreëls te implementeer.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A