Wie is #BeFree se ambassadeur?

Bertha Tobias is tans ’n graad 11-leerling aan die Hoërskool Delta in Windhoek, waar sy as hoofmeisie aangewys is. Sy is doelgerig en passievol oor sosiale verandering.
Karin Eloff
BeFree-ambassadeur gekies?

Ek is op 9 Oktober deur #BeFree oor my ambassadeurskap gekontak. Ek dink ek is gekies omdat ek myself aangebied het met die suiwer begeerte om te dien en as 'n middel gebruik te word om 'n impak op die jeug te hê. Ek het altyd na #BeFree-geleenthede gegaan om meer te leer en sonder om iets terug te verwag. Ek het die verandering gesien wat #BeFree vir my en die mense rondom my moontlik gemaak het.

2. Waaroor gaan #BeFree?

#BeFree is 'n beweging. Dit is hoe sosiale verandering moet lyk. Hulle gaan van streek tot streek met die fokus op streekspesifieke sake soos tienerswangerskappe, dwelmmisbruik en vele meer. Leerlinge praat oor kwessies wat relevant tot die jeug in die spesifieke streek is. Die oorsprong van die konsep is die kantoor van die presidentsvrou, me. Monica Geingos.

#BeFree is 'n beweging vir die jeug deur die jeug. Dit behels eerlike dialoog tussen die jeug en volwassenes. #BeFree bemagtig verskillende dele van die gemeenskap sodat almal saam kan werk en in wese 'n funksionele post-konflik gemeenskap kan hê. Dit gee die jeug ’n platform om hulself uit te druk.



3. Wat is die grootste uitdagings wat vandag se jeug ervaar?

Dit is 'n baie moeilike vraag omdat ek glo probleme is subjektief. In die algemeen is daar 'n gebrek aan vertroue onder my geslag: ’n gebrek aan vertroue in die jeug en ’n gebrek aan die selfvertroue om te praat oor dinge wat hulle pla. Met die gebrek aan selfvertroue word jy maklik geboelie in dinge in wat teen jou beginsels en waardes is. Daar is ook 'n gebrek aan rigting en mentorskap in hierdie geslag jongmense en dit is waar probleme soos dwelmmisbruik en tienerswangerskappe posvat.



4. Hoe betrokke is die jeug en wat is hul houding teenoor hierdie kwessie?

Ons gewoontes en houdings gaan ons maak of breek. Hulle sal ons bepalende faktore in die toekoms wees. Die betrokkenheid van die jeug is meestal afhanklik van hul mobilisering. Die #BeFree-jeug is relatief betrokke in die gemeenskap. Hulle wil betrokke wees. Hulle moet net die geleenthede kry om betrokke te kan wees.



5. Watter raad het jy vir die jeug oor dwelm- en alkoholmisbruik?

Jy loop niks mis as jy dit nie probeer nie. 'n Mens moet verstaan dat jy meer werd is as die onsmaaklike beloftes van hierdie wêreld. Jy moet lewe soos iemand wat te veel potensiaal het om dinge ligtelik op te neem. Die jeug moet hul volle potensiaal ontdek om hul situasies te verander om 'n beter lewe vir hulself te skep. Jy het te veel potensiaal om te mors.

Comments

Namibian Sun 2024-10-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...