WAP vier Kersfees saam met jong pasiënte

Octavia Tsibes
Op 18 November het die 2018-leerlingraad van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) geskenke gaan aflewer vir al die kinders en babas in die Windhoek Sentrale Hospitaal om saam met hulle 'n bietjie Kersfees te vier. Saam met dit het hulle ook geskenkies vir die ouetehuis in Okahandja gestuur.

Die projek het twee weke terug by die skool begin toe leerlinge van hierdie wonderlike projek ingelig is. Kinders is gevra om geskenkpakkies te maak vir 'n seun, dogter, ouma of oupa en die leerlinge was gretig om deel van hierdie liefdadigheidsprojek te wees.

Daar is altesaam 180 geskenkies ingesamel: 31 vir seuns, 46 vir dogters, 8 vir babas en nog 'n bussie vol met 95 geskenke al die pad na Okahandja.

“Dit het goed gevoel om soveel kindertjies só gelukkig te maak. Hulle was almal so vriendelik en opgewonde.

Dit was mooi om te sien, dit maak mens ongelooflik nederig,” vertel Luna de Bruyn, hoofmeisie. Hulle het die kinders ook vermaak deur vir hulle 'n bietjie te sing en kitaar te speel.

Onder leiding van juf. Ariska van Vuuren het die verrigtinge altesaam sowat 'n uur geduur totdat almal eindelik moes groet.

“Dit was 'n baie verrykende ervaring,” vertel onderhoofmeisie Arina van Rensburg: “Die vreugde wat jy daaruit kry om vir ander te gee, is onskatbaar. Die blydskap op die kindertjies se gesigte sal altyd by my bly.”

Ruan du Preez was in beheer van die projek en alles het glad verloop. As 'n aanloop tot die projek is sommige lede ingespan om vroeg by die skool te wees om die leerlinge te verras met 'n groot versierde Kersfeesboom. “Ons wou leerlinge bewus maak van hoe ongelooflik bevoorreg ons is en dat ons in die wonderlike posisie geplaas is om te kan gee,” sê onderhoofseun Jurgen-Leigh Human.

“Christus se liefde is vir ons gegee om te deel,” vertel Danie van der Merwe, hoofseun.

Dit was vir almal 'n voorreg om die genade wat ons elke dag van ons Hemelse Vader ontvang, met ander te kon deel.

Die leerlingraad wil net dankie sê aan die leerlinge van die skool wat so gewillig was om 'n verskil in kinders se lewe te maak en ook aan Windhoek Sentrale Hospitaal wat alles help reël het.

Comments

Namibian Sun 2024-10-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...