Van Rhyn: 'n Skool met diverse kulture
Dié skool fokus daarop om 'n leeromgewing te verseker wat ook bevorderlik is vir harmonieuse interaksie tussen leerlinge, ouers en onderwysers.
Michelline Nawatises
Pullquote: Tukuna Hangula, hoofseun: ?Toe ek by hierdie skool ingestap het, het ek geweet dit is die beste skool vir my.”
Dit was eers bekend as Laerskool Eros toe die deure op 24 Januarie 1949 oopgemaak het. Mnr. Boet Botha was die eerste skoolhoof, en daar was ses onderwysers en 224 leerlinge.
Die naam is in 1952 verander na Dr. Van Rhyn Primêre Skool. Mnr. Botha was tot sy aftrede in 1976 die skoolhoof. Daarna het sewe hoofde onderskeidelik vir kort tydperke diens gedoen. Vanaf 1981 tot 1993 was mnr. H. A. Karsten die skoolhoof.
In 1993 is die Internasionale Skool vir die jaar op die perseel gehuisves voordat dit verskuif is. Mnr. Rayno Nieuwoudt, wat onlangs oorlede is, was die eerste hoof ná onafhanklikheid. Hy is opgevolg deur mnr. J. C. Titus, van 2001 tot einde Mei 2011.
Sedert 2011 is dr. Brenda Mouton die skoolhoof. Volgens haar het die skool 'n diverse kultuur wat betref onderwysers en leerders.
“Sommige van ons leerders kom uit verskillende Afrika-lande en pas baie goed in. Al ons leerders is baie geliefd deur hul onderwysers - wat nie net 'n opvoedkundige kultuur bied nie, maar ook met sorg omgee vir hul leerlinge,” het sy gesê.
Van Rhyn het 'n skoolraad wat baie betrokke is by elke aspek van die skool. Dit neem nie gebiede waar leerders vandaan kom in ag nie - indien plekke beskikbaar is, word leerders aanvaar.
Die skool het 'n oopdeurbeleid waarvolgens ouers welkom is om enige kwessie te bespreek wat die leerders raak.
Die leerders word aangemoedig en gemotiveer om baie hard te werk om hul teikens te bereik wat elke termyn gestel word. Die skool se slaagsyfer is altyd bo 75% en dit sou nie moontlik gewees het as onderwysers nie toegewyd was nie, sê Mouton.
Van Rhyn het twee preprimêre klasse in 2014 ingewy danksy talle ouers wat die behoefte uitgewys het.
Die hoofseun en hoofmeisie is Tukuna Hangula en Charlotte Namhuya.
Toe The Zone vra waarom hulle dink hulle gekies is, het hulle gesê dis moontlik omdat hulle altyd ander leerders bystaan en onder meer help met huiswerk – lank voordat hulle as prefekte aangewys is.
Die verandering wat beide vanjaar wil sien, is dat die skool vanjaar in die top- akademiese posisie in die Khomassstreek sal wees.
Charlotte wil ook positiewe veranderinge in die gedrag van die leerders help maak. "Daar is gedissiplineerde leerders, maar die ongedissiplineerde leerders beïnvloed die ander - die graad 7-toer kan dalk gekanselleer word weens die wangedrag van leerders," het sy gesê.
Die Lewensvaardighede-onderwyser vir graad ses en sewe, me. Zebaldine Mbaisa, het die uitdagings genoem wat die skool in die gesig staar. “Daar is druk van maats. Die lewenstandaarde van leerlinge verskil en dit veroorsaak druk,” het Mbaisa gesê.
Dit lei dikwels tot swak dissipline, wat Mouton sê baie ander skole ook ondervind. “Die skool probeer om altyd maniere te vind om die morele waardes van ons leerders te versterk.”
“Van Rhyn streef ook daarna om gehalte onderwys te voorsien sodat alle leerders ‘n balans kan handhaaf en ten volle toegerus sal wees vir hul soeke na volwassenheid en produktiewe burgerskap.
“Derhalwe sal Van Rhyn voortgaan om die leerders se vaardighede, vermoëns en individuele talente te optimaliseer terwyl hulle hul perspektief vergroot.”

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article