Tyd vir wildernisterapie

‘n Spesiale program bou karakter deur middel van blootstelling aan die natuur en avontuur.
JUSTISIA SHIPENA
Elizabeth Joseph

Sewe meisies van die Hoërskool Ella du Plessis het onlangs wildernisterapie vir potensiaalontwikkeling en karakterbou gekry.

Hulle was saam met ‘n span van Wilderness Therapy Namibia (WTN) op ‘n uitstappie na die Visrivier-canyon.

Die fokus was op die ontwikkeling van individuele sterkpunte, potensiaal en vaardighede. Blootstelling aan avontuur en verwante aktiwiteite het die potensiaal om positiewe karaktereienskappe soos vasberadenheid, geestelike uithouvermoëns en ? positiewe selfbeeld te vorm.

Die WTN-program bevat terapeutiese aspekte wat jongmense die geleentheid bied om openhartig deel te word van dié selfverkenningsreis.

Die program verskil van die gewone omdat dit in die natuur aangebied word. Dit bied geleenthede vir wegkom van die gejaagdheid in die lewe, en verskaf fisieke uitdagings, staproetes, spanwerk en groepsbesprekings. Die fisieke uitdagings help deelnemers om opnuut hul werklike krag te besef, asook en hul selfvertroue en selfbeeld te verbeter. Dit daag ook deelnemers se vrees vir onder meer hoogtes, donkerte, wilde diere en alleenwees uit.

So het deelnemers dit ervaar:

Leevi Frieda

Ek het eerstehands gesien hoe elkeen toegewy móét wees om ons doel te bereik. Dit het my geleer dat elkeen van ons in ons lewe toewyding moet hê en ons verpligtinge moet nakom.

Rauna Nghituwamata

Ons het elke oggend die geleentheid gehad om stiltetyd te hou wat my gehelp het om weer myself te ontdek;, my tyd en hoe ek dit gebruik te evalueer; en hoe ek op situasies reageer te verander sodat ek meer positief kan raak. Alles begin by my en hoe ek reageer.

Shambwangala Delfina

Ek was in ? plek waar ek die natuur kon ervaar op ? manier wat ek nie voorheen kon nie. Hierdie geleentheid het my lewe verander en ek het net weer besef dat die beste goed in die lewe nie geld kos nie.

Kavanda Cristine

Ek het dit reggekry om ongeveer 120 km ver te stap en dit het bewys as ek vasbyt en hard werk, kan ek my verpligtinge nakom. Ek het nie moed opgegee nie en gesien as ek vasberade is, kan niks my terughou of keer om my drome te verwesenlik of my eindbestemming te bereik nie.

Loide Sheethipo

Ons het ? aand gehad waar ons alleen kon wees en dit het my die geleentheid gegee om te leer hoe ek my probleme kan oorkom. Dit was ? dag wat ek nooit sal vergeet nie. Indien ek in die toekoms sukkel of probleme het, het ek nou die vaardighede geleer om daardeur te werk en dit is ongelooflik.

Comments

Namibian Sun 2024-11-25

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!