Tegnologie verbind Duitse, San-kinders
Inisiatief in Februarie 2020 begin
Tanja BauseDie internet verbind al sowat twee jaar 'n skool in Mangetti Dune in Namibië met een in Keulen in Duitsland.
Die Gekombineerde Skool Mangetti Dune wat 235 kilometer vanaf Grootfontein geleë is en die Privaatskool St. George's in Duitsland is sedert Februarie 2020 verbind en leer van mekaar. Die Duitse nieregeringsorganisasie Hand-in-Hand for Africa wat al vir die afgelope 15 jaar verskeie projekte in Mangetti Dune ondersteun het, het dié inisiatief moontlik gemaak.
Volgens mnr. Alan Corrigan van Hand-in-Hand het die idee om Mangetti Dune se onderwysstelsel deur middel van die internet te ondersteun reeds drie jaar gelede ontstaan.
Hulle het met 'n besigheid op Otjiwarongo in verbinding getree en uitgevind dit is moontlik.
“Ons het met St. George's gepraat en hulle was in hul noppies met die idee. Ons het saam sowat N$160 000 vir die projek ingesamel en die besigheid op Otjiwarongo het die satellietverbinding geïnstalleer sodat ons goeie klank en TV-beeld het. Dit was in Februarie 2020.”
Weens Covid-19 kon die stelsel nie tot sy volle potensiaal gebruik word nie, aangesien skole in Namibië asook in Duitsland in hoktye was.
“Ek hoop dinge sal nou terug na normaal keer en dat baie meer met die stelsel gedoen kan word. Dit is 'n fantastiese opleidings- en leerprogram waar die kinders nie net onder meer oor hul kulture, lewens en lande kan gesels nie, maar ook waar die ouer kinders in Keulen die jonger kinders in Mangetti Dune met vakke waarin hulle sukkel soos wiskunde en wetenskap kan help. Die program is sover ek weet al een of twee keer in Namibië self gebruik, maar dit is die eerste keer dat dit oor die see heen lande en mense verbind.”
Me. Menesia Gomes, Mangetti Dune se skoolhoof, sê onderwysers gebruik die program as 'n bykomende hulpbron om aan kinders byvoorbeeld video's, kaarte, stories en die wêreld te wys.
“Dit word ook gebruik om ons leerlinge en onderwysers se kommunikasievaardighede te bevorder aangesien hulle met Duitsland kommunikeer. Ons het ook nie 'n wetenskaplaboratorium nie en die onderwysers gebruik die stelsel om vir leerlinge video's in die verskillende onderwerpe te wys.
“Op die slimbord word gewone klasse aangebied, asook ekstra klasse in die namiddae.”
Volgens haar was die opwinding op 25 Februarie 2020 baie groot toe hulle die eerste keer met die Duitse kinders gekommunikeer het.
“Vrae is heen en weer gevra en vriendskappe is gesmee. Covid-19 het dit bietjie gedemp, maar die kinders is terug by die skool en ons sal nou weer daagliks met die leerlinge in Keulen kommunikeer en van mekaar leer.”
Die skool het 613 leerlinge en leerlinge van graad 4 tot 9 baat by die program.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article