Talent in oorvloed

Leerlinge stel hul talente by die Namibiese kampioenskap vir die uitvoerende kunste ten toon.
Monque Adams
Jeanette Diergaardt

Die twee sterre, Marrellee Ferreira en Anri Brynard van Gimnasium Hoërskool, het helder by die 2021 Namibiese kampioenskap vir die uitvoerende kunste geskyn.

Anri het altesaam 16 toekennings opgeraap terwyl Marrelle met 11 toekennings weggestap het.

Anri het nie net nege goue medaljes in solo-opvoerings ingepalm nie, maar ook vir beide haar duetoptredes. Dit het haar 11 goue medaljes besorg.

Die kampioenskap is in verskeie kategorieë opgedeel waar die leerlinge hul kreatiwiteit ten toon kon stel.

Deelnemers kon deelneem aan dans, sang, modelleerwerk, drama en instrumentele musiek.

“Die deelnemers het verskeie kategorieë om van te kies en dit gee almal die geleentheid om in hul spesifieke gebied deel te neem,” sê Lomine Vermeulen, een van die organiseerders.

Die deelnemers wat goud ontvang het, kan volgende jaar aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap vir die uitvoerende kunste deelneem.

Die Wêreldkampioenskap vind in Julie volgende jaar plaas waar suksevolle Namibiërs hulle talente ten toon sal kan stel op die verhoog in Los Angeles.

Dié kampioenskap het in 2017 begin en het al drie regstreekse optredes – voor die Covid-19 pandemie – gehou. Vanjaar en verlede jaar het die kompetisies aanlyn plaasgevind. Die deelnemers het hul video-opnames aan die organiseerders gestuur. Vanjaar se sluitingsdatum was op 30 September en die toekenningseremonie is op 26 November by Zets Bistro in die hoofstad aangebied.

Volgens Lomine het leerlinge van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Windhoek Gimnasium en die SOS-kinderhuis in Windhoek asook ander hoërskole deelgeneem.

Daar was ook inskrywings van Swakopmund, Walvisbaai, Gobabis, Okahandja en Keetmanshoop. Vanjaar se inskrywings was minder as gewoonlik met net 100.

“Ons wil Namibiërs wys daar is ’n plek in die samelewing vir die uitvoerende kunste. Dis ’n regte werk en almal het ’n plek in die wêreld. Dis belangrik om jou drome uit te leef,” sê Lomine. Die kompetisie is ook oop vir ouer mense en is nie net beperk tot die jonger geslag nie.



Goue medalje-wenners:

Drama

Sang

Dans

Modelleerwerk

Instrumentele musiek

Marellee Ferreira (klassiek, TV en ope)

Jean Jacques Coffee (country, gospel)



Brynard Anri (ballet, jazz, lirieke, musical, ope, x 2 duets)

Anri Brynard (formeel, fotogenies, swemdrag)

Kitt Hayden (klassiek, rock)

Anri Brynard (komedie)

Luca Coffee (country, gospel)

Muller Danielle (kontemporêre dans)

Anya Kitt (fotogenies)

Jacques Cronje (Pop)

Andre Scriven (drama)

Tielman Neethling (pop, R&B/Soul/jazz)

Carla Celliers (kontemporêre dans, musical, ope)

Kristofina Kambobo (swemdrag)





Ferreira Marellee (Rock

Hennis (duet)







The High (Ope)

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A