Sy laat haar raket die praatwerk doen
Joanivia Bezuidenhout, 'n leerling van Laerskool Okahandja, droom daarvan om die volgende Serena Williams uit Namibië te word.
Danksy haar uitnemende prestasies sover, gaan Bezuidenhout 'n beurs van N$10 000 by die Frank Fredericks-stigting (FFF) ontvang.
Bezuidenhout is 'n lid van Kalie Heese se Kallie Tennisskool en het die afgelope paar jaar verskeie toekennings en titels in haar ouderdomsgroep ingepalm.
Bezuidenhout is die Namibiese Tennisvereniging (NTA) se nommer een gekeurde spelers in die onder 12-ouderdomsgroep in die land.
“My droom is om 'n professionele tennisspeler te word en die eerste Namibiër te wees wat 'n Grand Slam-toernooi wen,” sê sy.
Haar pa, mnr. Jandre Bezuidenhout, is opgewonde oor haar pad vorentoe en dankbaar teenoor diegene wat sy dogter ondersteun. “Dit beteken die wêreld vir haar en ondersteuning soos dié beurs help atlete nie net met die nodige finansiële steun nie, maar dien ook as inspirasie om hul prestasies te verbeter.”
Jandre sê hy is ongelooflik dankbaar vir die FFF se bydrae tot atlete se akademiese geleenthede.
“Meneer Frank sê dikwels in onderhoude dit is ewe belangrik om goeie punte te behaal as om in jou sport te presteer. ”
Die FFF het Bezuidenhout op grond van haar prestasies vir die beurs gekies. Sy kan 50% van die beurs vir opvoedkundige doeleindes gebruik en die res vir plaaslike toernooie of toerusting.
Fredericks sê: “Die FFF is trots op Bezuidenhout se prestasies. Ek hoop hierdie beurs sal haar motiveer om aan te hou met haar harde werk en om ook in haar skoolwerk te presteer.”

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article