• Home
  • YOUTH
  • Swakopmund se junior burgemeester aangewys

Swakopmund se junior burgemeester aangewys

Liam Labuschagne neem die leisels by Kaedi Schrader oor.
Mariselle Stofberg
Iréne-Mari van der Walt







Die munisipaliteit van Swakopmund het onlangs die junior stadsraad vir 2021-’22 bekend gemaak, met Liam Labuschange wat met groot lof as die nuwe junior burgemeester aangewys is.

Die uittredende junior burgemeester, Kaedi Schrader, het net bemoedigende woorde vir haar opvolger gehad.

“Hy het nie enige swakpunte of spesifieke areas waarin hy sterk is nie, want hy is goed in alles,” sê Schrader.

Sy is seker Labuschagne sal nie sy pligte as junior burgemeester ligtelik opneem nie.

Labuschagne sê hy is oorweldig deur die ondersteuning wat hy ontvang het en is opgewonde om die jeugkwessies op Swakopmund te takel.

Hy hoop die jeug sal nie net die rol wat hulle speel in besluitneming besef nie, maar wil hulle ook toerus met die nodige vaardighede en geleenthede om dit te kan aangryp.

“Ek dink die jeug wil voortdurend hul menings lug, maar besef nie daar is sekere stappe wat gevolg moet word om ’n verskil te maak nie,” sê hy.

Labuschagne is een van twee junior raadslede van Westside High School op Swakopmund.

Die dogter van Swakopmund se burgemeester, Vennesa Kativa, dien saam met Labuschagne op die junior stadsraad en sal as skakelbeampte optree.

Delinda Hanes van die Swakopmund-munisipaliteit sê albei die raadslede het verstommende kwaliteite en die munisipaliteit kon hulle nie deur hul vingers laat glip nie.

“Ons het probeer om een raadslid van elke hoërskool te kies, maar hierdie twee het baie sterk sake gestel. Ons kon nie besluit nie, dus het ons albei gekies,” sê sy.

Mbemumuna Murangi van die Hoërskool Namib sluit as adjunk- junior burgemeester by Labuschagne aan, terwyl 'n mede-Namib High-leerling die tesourier is.

Coastal High spog met Emily Karunda as die sekretaresse.

Die twee uitvoerende raadslede is Jenerfer Eichas van Privaatskool Swakopmund en Ethane Nawa van die Sekondere Skool Swakopmund.

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A