Pupkewitz Toyota floreer op Oshakati

Gerine Hoff
Catherine Sasman - Die motorhandelaar en werkswinkel van Pupkewitz Toyota op Oshakati is van die besigste in die land, omdat die Toyota-handelsmerk as die beste vir die noordelike mark beskou word.
“Ons nasorgdiens is ook die beste,” sê die werkswinkel se diensbestuurder, mnr. Calle Schonke, trots. “Hierdie is die grootste dienssentrum in die land. Toyota staan agter sy motors.”
Die tak op Oshakati het reeds die tak op Ondangwa verbygesteek met tussen 45 en 55 motors wat elke dag in die werkswinkel gediens word. Die sentrum is kort op die hakke van die tak in Windhoek, waar tussen 80 en 100 motors per dag gediens word.
Schonke sê die werkswinkel kan selfs 70 motors per dag hanteer, maar op die oomblik is daar nie genoeg parkeerplek vir al die voertuie nie.
Die werkswinkel het ook sy eie opgeleide diagnostiese tegnikus, mnr. Karl Imene.
Vakleerlinge van verskeie noordelike ambagsentrums ontvang ook praktiese opleiding by dié werkswinkel.
Die Oshakati-tak is einde 2000 geopen en in 2011 is dit teen ’n bedrag van N$11 miljoen opgeknap.
Die tak verkoop gemiddeld 480 motors per jaar. In 2014 het dit rekordverkope van 505 gehad, dit beteken ongeveer 40 motors per maand. Schonke sê hulle het een maand meer as 50 motors verkoop.
Toyota Land Cruisers en dubbelkajuit-bakkies is veral gewild in die sanderige noorde.
“Elke maand gaan dit net beter. Die mark groei baie vinnig hier omdat daar baie meer mense is en almal het vervoer nodig,” sê Schonke.

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!