Prioritiseer jou omgewing

Die Regshulpsentrum het opleiding aan 80 leerlinge in die Zambezistreek gebied om hul bewustheid van omgewingskwessies en wildbeskerming te verhoog.
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg

Weens die toename in stropery in die land het die Regshulpsentrum (LAC) ? projek van stapel gestuur wat fokus op omgewingsbewustheid en natuurbeskerming onder skole en die jeug.

Dit is deel van die program genaamd ‘Vennootskap teen stropery en onwettige wildhandel’ wat deur die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) gefinansier word.

Die projek word tans in die Zambezistreek bestuur en is volg op soortgelyke projekte wat die LAC in 2015, 2016 en 2017 in die noordwestelike dele van die land bedryf het. Hierdie projekte het ongeveer 7 000 leerlinge en studente bereik.

Die LAC het drie dae se opleiding aan leerlinge van die Gekombineerde Skool Mafuta en Gekombineerde Skool Silumbi in die oostelike dele van die streek gebied.

Die opleiding aan 80 leerlinge het onder meer op klimaatsverandering, ekosisteme, biodiversiteit, wildsmisdade en die bestuur van hulpbronne gefokus.

“Die LAC staan die owerhede by om omgewings- en wildmisdade te bekamp. Ons moet ons gemeenskap kan oplei om iets positiefs by te dra tot die samelewing en nie net poog om die misdade stop te sit nie,” het mnr. Hans-Christian Mahnke van die LAC gesê

“Ons wil aan leerlinge die geleentheid bied om ook deel te neem aan die gesprekke en debatte rondom die kwessie. Ons kinders kan die verandering wees wat ons so graag wil sien, en hulle is immers diegene wat die gevolge moet dra van wat ons aan die omgewing en planeet doen.”

Me. Diana Khama, die staatsaanklaer by die Katima Mulilo-landdroshof, het ook die leerlinge besoek. “Ek het die geleentheid baie geniet. Dit was wonderlik om te sien hoe ontvanklik die leerlinge vir die inligting en wys die belangrikheid van die werk wat hier gedoen word.”

Die leerlinge is ook besoek deur onder andere mnr. Ekkehard Klingelhoefer van Unam se departement van wildlewebestuur en ekotoerisme op Katima Mulilo en me. Joy Mamili, die streeksdirekteur van onderwys.

“Sindikate en misdadigers gebruik soms leerlinge om hul vuil werk te doen, en indien ons hulle bewus kan maak van die georganiseerde misdade en die impak wat dit op ons samelewing het, kan ons hulle die insig gee om die kwessie te verstaan en saam te staan om positiewe bydraes te kan maak,” het Mahnke gesê.

Ander borge van die projek sluit in Woermann & Brock We Care, Katima Mulilo Spar, NeoPaints Namibia, die Pupkewitz-stigting, SlowTown Coffee, MegaShade Namibia, Sanlam, Unam se Katima Mulilo-kampus, EduVentures en die Konrad-Adenauer-stigting.

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A