Parkies se o.13-rugbygroep verken nuwe grense
Tielman van Lill
Die o.13-rugbygeselskap van Laerskool Pionierspark in Windhoek vertrek die op ’n rugbytoer na Suid-Afrika.
Van links is Jannie Steyn (hoofafrigter), Graham Jacobs, Adrian Muir, Janco van Tonder, Dohan van Zyl, Lezandro Hansen, Lamarque Rieth, mnre. JC Kruger (besturende direkteur van Xerox Namibië), Rodney Bezuidenhoudt (hulpafrigter), Ryno Brand (skoolhoof van Laerskool Pionierspark), Lorenzo Rieth (spanbestuurder), Andrew Joubert, Xavier Louw, William du Toit en Mitchell Heyn. Voor van links is Ewan van der Merwe, Pedri van Tonder, Jonathan Theron, Jami Viljoen, Kaizemi Garoeb, Wayne Shirley, Jan Harm du Plessis, Pieter van Wyk, Carlo Hawanga, Vladimo Beukes en Keanan Diergaardt. 26 van Parkies se o.13-ysters vertrek op Vrydag 26 April vir ’n toer van nege dae na die Suid-Kaap waar hulle teen Laerskool Knysna gaan speel. ’n Rugbykliniek op George aangebied deur SWD-rugby gaan die seuns se vaardighede opknap. ’n Uitstappie na Victoriabaai, Mosselbaai en George is deel van die toerprogram. Die seuns bly op Oudtshoorn en gaan die Kango-grotte besoek, asook ander opwindende avonture onderneem. Dié toer gaan nie net oor rugby nie. Die seuns se kreatiewe en innoverende denke sal deur spanbou gestimuleer word, terwyl dissipline, motivering, leierskap, respek en geloof as belangrike aspekte onderrig sal word. Xerox het die span se truie asook ’n T-hemde en pette geborg.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article