Oshana kry nuwe kiesafdelings, nedersettings
Oshana kry nuwe kiesafdelings, nedersettings

Oshana kry nuwe kiesafdelings, nedersettings

Kleinste streek beleef ongekende groei
Gerine Hoff
Catherine Sasman – Nadat Ondangwa in die laaste afbakeningsproses in stedelike en landelike kiesafdelings gedeel is weens die vinnige bevolkingsgroei, is die Oshana-streekkantoor tans besig om kantore vir die kiesafdelings te bou.
Intussen word die twee distrikte steeds deur die munisipaliteit op Ondangwa as een gebied bestuur.
“Alle kantore in die onderskeie kiesdistrikte is langs groeipunte geplaas,” het die skakelbeampte van die streekskantoor, me. Hambeleleni Nyeemwatja, oor die ontwikkelinge in die streek gesê.
In 2010 was die bevolking in die Oshanastreek op 252 900 geskat. Oshana is die kleinste onder al die 14 streke en strek oor ’n oppervlak van net 8 653 vierkante kilometer.
Ongeveer 34 % van streek se bevolking is jonger as 15 jaar oud, en meer as 54,7 % is vroue. Dit beteken daar is 83 mans vir elke 100 vroue.
Teen 2011 was 22,2 % van die bevolking getroud, 3,9 % was in saamblyverhoudings en 2,1 % was in tradisionele huwelike.
Altesame 61,1 % van die bevolkingsgroep ouer as 15 jaar is “ekonomies aktief” in die landbou- en visserye sektor (25,3 %), 16, 3% werk in die dienssektor en 12,1 % bestaan uit beroepslui. Selfonderhoudende kommunale boere verskaf meer werksgeleenthede (30,5 %) as enige ander sektor in die streek.
Ondangwa het die grootste bevolkingsdigtheid in die streek, met 176,4 persone per vierkante meter.
Weens dié hoë syfer, het die Oshanastreekskantoor ingespring om erwe in nedersettings te ontwikkel en beoog om dorpsrade in die Eheke-nedersetting naby Ondangwa en die Uukwangula-nedersetting, ongeveer 5 km buite Oshakati, te bou.
Deur ’n proses van grondonteiening en vergoeding aan bestaansboere, is die streekskantoor van plan om 250 residensiële- en 28 besigheidserwe op Eheke te ontwikkel, en by Uukwangula word 386 residensiële- en 127 besigheids-erwe beplan.
Nyeemwatja het gesê erwe is reeds op Eheke gediens, hoewel vloedwaterstelsels nog geïnstalleer moet word.
Op Uukwangula is erwe reeds toegeken.
Nyeemwatja het gesê ’n unieke ontwikkeling vir Oshana is die oprigting van toilette in landelike gebiede, wat reeds sedert die 2013/14 finansiële jaar op die tafel was.
’n Reuse nuwe pakhuis vir noodtoestand-droogtehulp sal ook in die streek gebou word. Hierdie pakhuis sal vier noordelike streke – Oshana, Ohangwena, Omusati en Kunene – bedien.
’n Groot streekskantoor vir die ministerie van binnelandse sake en immigrasie is ook onlangs in Oshakati voltooi. Die ministerie van veiligheid en sekuriteit is ook van plan om ’n nuwe streekskantoor hier te bou.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is voorts ook besig om ’n psigiatriese eenheid by die Oshakati staatshospitaal in te rig wat alle pasiënte in die noordelike gebiede sal behandel.

Comments

Namibian Sun 2024-08-22

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Leicester City 1 vs 1 Tottenham Hotspur LaLiga: Villarreal 2 vs 2 Atletico Madrid | Real Valladolid 1 vs 0 Espanyol SerieA: Juventus 3 vs 0 Como | Lecce 0 vs 4 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 13° | 33° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 13° | 30° Omaruru: 14° | 31° Windhoek: 11° | 27° Gobabis: 12° | 28° Henties Bay: 12° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:00, High tide: 05:08, Low Tide: 23:32, High tide: 17:29 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:58, High tide: 05:06, Low Tide: 23:30, High tide: 17:27 Walvis Bay: 13° | 23° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:58, High tide: 05:05, Low Tide: 23:30, High tide: 17:26 Rehoboth: 12° | 29° Mariental: 14° | 32° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 13° | 31° Lüderitz: 12° | 24° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 12° | 25° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 11° | 23° Lubumbashi: 13° | 30° Mbabane: 7° | 18° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 7° | 27° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 16° | 20° Windhoek: 11° | 27° Cape Town: 13° | 21° Durban: 14° | 19° Johannesburg: 10° | 19° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 16° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.02 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.03 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.76 | USD to AOA 897.54 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1569.03 | USD to ZAR 18.03 | USD to ZMW 26 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.84 Down -1.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13928.12 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30141.08 Up +0.76% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9622.52 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 480.59/OZ DOWN -0.0128 | Copper US$ 4.14/lb DOWN -0.0146 | Zinc US$ 2 875.50/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 77.30/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 944.61/OZ DOWN -0.0223 Sport results: Premier League: Leicester City 1 vs 1 Tottenham Hotspur LaLiga: Villarreal 2 vs 2 Atletico Madrid | Real Valladolid 1 vs 0 Espanyol SerieA: Juventus 3 vs 0 Como | Lecce 0 vs 4 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 13° | 33° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 13° | 30° Omaruru: 14° | 31° Windhoek: 11° | 27° Gobabis: 12° | 28° Henties Bay: 12° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:00, High tide: 05:08, Low Tide: 23:32, High tide: 17:29 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:58, High tide: 05:06, Low Tide: 23:30, High tide: 17:27 Walvis Bay: 13° | 23° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:58, High tide: 05:05, Low Tide: 23:30, High tide: 17:26 Rehoboth: 12° | 29° Mariental: 14° | 32° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 13° | 31° Lüderitz: 12° | 24° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 12° | 25° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 11° | 23° Lubumbashi: 13° | 30° Mbabane: 7° | 18° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 7° | 27° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 16° | 20° Windhoek: 11° | 27° Cape Town: 13° | 21° Durban: 14° | 19° Johannesburg: 10° | 19° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 16° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.02 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.03 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.76 | USD to AOA 897.54 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1569.03 | USD to ZAR 18.03 | USD to ZMW 26 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.84 Down -1.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13928.12 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30141.08 Up +0.76% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9622.52 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 480.59/OZ DOWN -0.0128 | Copper US$ 4.14/lb DOWN -0.0146 | Zinc US$ 2 875.50/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 77.30/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 944.61/OZ DOWN -0.0223