Oshakati diens erwe
Grond is vir eerste keer kopers
Catherine Sasman - Met ’n toestroming van aansoeke vir dorpsgrond het die Oshakati munisipaliteit 3 800 erwe vir alle inkomste groepe beskikbaar en is tans in die proses om die diens van 1 459 erwe te voltooi.
In die lae- en middel-inkomste Ekuku-woonbuurt, word 541 erwe tans gediens. Ongeveer 300 erwe vanaf N$27 000 per erf, is reeds in hierdie woonbuurt beskikbaar.
In Ekuku is plek vir 95 huishoudings wat permanent uit vloedgeteisterde gebiede verwyder is. ’n Verdere 600 huishoudings moet nog uit sulke omstandighede verwyder word.
In die Ehenye-woonbuurt, ook ’n lae- en middel-inkomste gebied, is 1 800 erwe reeds gediens. Paaie moet nog voltooi word.
Met ’n N$50 miljoen-lening van die Ontwikkelingsbank (DBN) is die munisipaliteit besig om 272 erwe in die hoë-inkomste Uitbreiding 16, voorheen die landelike nedersetting Okaku Kiipupu, te diens. Tweehonderd erwe is reeds hier toegeken.
Die skakelbeampte van die munisipaliteit, mnr. Jackson Muma, het gesê mense moet hul afdruke van hul identiteitsdokumente en bewys van inkomste aan hul aansoekvorms heg om vir erwe in aanmerking geneem te word.
Hierdie erwe is vir mense beskikbaar wat vir die eerste keer grond op Oshakati koop.
Volgens Muma moet die munisipaliteit hom nog uitspreek oor die duisend erwe waarvoor onder die vaandel van die Beweging vir Regstellende Herposisionering (AR) aansoek gedoen is, veral gesien in die lig dat ’n waglys van tussen 3 000 en 4 000 name reeds bestaan.
Oshakati se bevolking groei jaarliks gemiddeld met 5,5%. Met die 2011-bevolkingsensus, het die bevolking van Oskakati reeds op 36 500 gestaan.
“Beplanning gebeur deurlopend,” het Muma gesê. “Die dorp het sy grense bereik. ’n Pasgoedgekeurde besluit is om die munisipale grondgebied met tussen vyf en 10 kilometer in die noorde en weste uit te brei.”
DYK VIR VLOEDGEBIEDE
Omdat groot dele van Oshakati in vloedgebiede geleë is, is die munisipaliteit besig met die beplanning van ’n dyk wat op pad na Okatana gebou gaan word. ’n Begroting van N$93 miljoen is vir hierdie projek toegeken.
Die munisipaliteit is egter besig om te werk aan ’n begroting van N$1,8 miljard vir die uitvoering van ’n meesterwaterplan wat die bou van ’n dyk, twee brûe en die verdieping van riviere behels. Werk aan die twee brûe wat teen N$16 miljoen gebou word, is bykans voltooi.
Die dyk sal in verskeie fases oor drie of vier jaar gebou word.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article