Nogtans sal sy jubel
In 2007 kry Benita Botes en haar man Quinton die skoknuus wat hul lewens in ‘n oomblik sou verander.
Henriette Lamprecht – Sy sal die datum nooit vergeet nie. Donderdag 20 September 2007. Die onkoloog dr. Anelle Zietsman se diagnose was verdoemend: veelvuldige miëloom, ’n ongeneeslike beenmurgkanker met ’n lewensduur van drie jaar.
Benita Botes, ’n geliefde sportadministrateur, afrigter, en die motiveringspreker Quinton-Steele Botes se Pokkel en grootste ondersteuner, vertel van hul reis met kanker.
“Quinton was witter as wit. Hy moes onmiddellik vir bestraling van sy rugwerwels gaan, aangesien twee inmekaar geval het. Die nuus het soos ’n veldbrand versprei.
Elke oggend nuwe krag
“Dit was nogal groot druk om altyd sterk te wees. Quinton het aanvanklik deur hierdie ongelooflike gemoedskommelings gegaan en alles in sy lewe het binne ’n week verander. Ek wou vir die kinders wys om hul koppe hoog te hou en nie te gaan lê nie. Dit was nie net vir Quinton en die kinders wat ek ‘sterk’ wou wees nie, maar vir die wêreld daar buite.
“Ek het saans ounag op my bed neergeval en ek onthou hoeveel keer ek teenoor die Here erken het ek is lewensmoeg. Maar elke liewe oggend het ek opgestaan met nuwe krag. Die Here was vir my goed.
“Van dag een af het ek besluit om onvoorwaardelik te glo Quinton gaan dit maak. Ek het dit aanhou glo tot vier dae voor sy dood. Quinton was vir jare so besig, mense het na hom opgesien. Vir ons gesin was hy net Quinton en pa. Na sy diagnose het ons rolle oornag omgeruil. Dit was asof hy oor niks kon besluit nie. Nie net oor die kanker nie, maar baie keer omdat hy eenvoudig net te swak was. Hy het 100% afhanklik van my geword. Hy het altyd gespot ék hou nou vir my die man in die huis, en hy moet nou na my pype dans!
“Ek moes groot besluite neem oor sy behandeling, die kinders, en my skooltjie, wat vir lank ons enigste inkomste was.
“Hy was kankervry van Augustus 2012 af tot einde Februarie 2014 sónder ’n oorplanting. Is dit nie die grootste wonderwerk nie? Einde Februarie begin hy weer met chemo, kortisoon en hande vol pille.
“Die 20ste Junie het hy die aand hy vir die eerste keer weer ’n koorsaanval gekry. Maandagmiddag 23 Junie het hy in ’n koma verval en om 23:50 die aand is hy oorlede. Het hy kanker oorwin, want hy sou dit nooit weer kry nie. Hy was nou vir ewig gesond!
“Ek en Quinton het nooit oor die dood gepraat nie. Ons het onvoorwaardelik geglo hy gaan gesond word. Die Donderdag voor hy oorlede is, het hy in die bed gelê. Ek het ek by hom op die bed gaan sit en het hy vir my ’n stukkie gelees wat ’n vriend vir hom geskryf het. Die man het onder meer gesê die Here het vir hom gewys dat Quinton teen die volgende Vrydag volkome genees sou wees. Toe begin hy huil, want ons albei het geweet dit sou nie hier op aarde wees nie.
“Die Maandag van sy dood het hy aanmekaar regop probeer kom en my vasgehou. Ek kon sien dat dit vir hom swaar is om te gaan. Ek het hom maar net oor en oor verseker alles is oukei.
“Vir die mens wat jare lank ’n stryd teen kanker voer en soos Quinton gely het, sou dit beslis baie beter wees om vroeër ‘huis’ toe te gaan.
“Alles rondom die mens wat kanker het, verander in ’n oogwink. Dus moet jy wat gesond is, standvastig wees. Jy moet probeer om alles normaal te laat voortgaan, ter wille van jou geliefde en jou kinders. Die pasiënt verloor hul menswaardigheid weens dít wat met hul liggame gebeur.
- Probeer sterk wees. Die Here het vir my só baie krag gegee deur die hele sewe jaar – veral die laaste dag.
- Wees rustig. Ek het nie baie gepraat die laaste dag nie. Ek het net daar gesit en as hy vir my kyk, geglimlag – al het ek geweet dis nie meer lank nie.
- Ek het alles wat ek nog altyd vir Quinton wou sê, gesê, selfs toe hy al in ’n koma was. Ek het my hart leeg gepraat al het hy nie gehoor nie, en dit was goed vir my. Hy is kort daarna oorlede.
“Die Benita van September 2007 en die Benita van vandag verskil baie. Ons was ’n doodnormale gesin wat elke Sondag kerk toe gegaan het, die kinders lief gemaak het vir die Here, en hy was ’n pa en man wat baie mense geken het. Ek en die kinders het in die agtergrond gebly. Ek wou hulle net goed grootmaak met ’n liefde vir Jesus. Met sy diagnose is ons hele lewe omgedop en ons rolle het verander. My hele dag, elke dag vir sewe jaar, het ek net omgesien na my kinders en my man. En toe sterf Quinton.
“Dit was erg vir my. Om sewe jaar elke dag te versorg en op jou voete te wees en min te slaap en te baklei vir jou man se lewe en dan ewe skielik het jy niks om te doen nie.
“Ons het van die begin af geglo die Here gaan Quinton gesond maak. Hoe langer hy siek was, hoe meer het ons regtig begin glo. Ek het net geglo. Daar was nie 1% ongeloof in my nie.
“Quinton was van nature ’n ongelooflik positiewe mens en ’n uitgesproke kind van die Here. En toe gebeur hierdie siekte met hom. Hy het so hard probeer om positief te bly. En daarom het hy oor die 60 keer getuig, selfs in Suid-Afrika. Maar dit het tog later sy tol geeis. Sy leuse was: Leef elke dag voluit asof dit die laaste dag gaan wees, want eendag gaan dit jou laaste dag wees.
“Die Kankerfonds wat aanvanklik vir hom gestig is, het hy gebruik om ander kankerpasiënte te help. Ons het besluit om ná sy dood daarmee voort te gaan as die Quinton-Steele Botes Cancer Trust.
“Die Here was ons alles op hierdie pad. Ek kan nie hieroor praat sonder om Hom al die eer te gee nie.”
([email protected])

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article