Netwerk se wen-onnies bekend gemaak

Jeanette Diergaardt
Jeanette Diergaardt – Twee onderwysers van onderskeidelik Grootfontein en Walvisbaai het Netwerk se nasionale kompetisie gewen.

Juffrou Sarieke Rentel van Grootfontein en mnr. Colin de la Harpe van De Duine Sekondêre Skool in Walvisbaai het die Dankie Meneer/Juffrou-kompetisie gewen wat deur Netwerk aangebied is.

In hul strewe om Afrikaans lewendig en gesond te hou, eer Netwerk onderwysers wat leerlinge inspireer om hul drome na te jaag en hul volle potensiaal te bereik.

Me. Elizma Theron, die bestuurder van Netwerk, sê die impak van onderwysers op kinders se lewens word onderskat.

“As kind het jy dalk nooit kans gekry om dankie te sê nie, of jy besef dalk eers later in jou lewe watter effek iemand op jou lewenspad gehad het,” sê Theron. Volgens haar wil hul organisasie graag seker maak die liefde vir Afrikaans word in kinders aangewakker.

Elvira Hattingh van Grootfontein het vir Rentel benoem, omdat sy Hattingh se kennis van FAK-liedjies lewendig hou en 'n liefde daarvoor gekweek het. Volgens Hattingh het Rentel gereeld op haar klavier losgetrek met ou bekende Afrikaanse liedjies soos “Bobbejaan klim die berg” en “Suikerbossie.

“As dit nie vir haar was nie, weet ek nie waar ek al dié liedjies sou kon leer nie,” sê Hattingh.

“Sy het my liefde vir Afrikaans aangewakker en dit het direk bygedra dat ek vandag 'n joernalis is.”

Rentel het ook 'n passie vir die trekklavier gehad, maar het ongelukkig haar arm in 'n motorongeluk beseer.

De la Harpe is deur Allistaire van der Merwe benoem, wat hom geïnspireer het om ook 'n wetenskap­onderwyser te word.

Volgens Van der Merwe het De la Harpe sy liefde vir wetenskap so aangewakker dat hy aan wetenskapskoue kon deelneem en verskeie lande kon besoek.

Van der Merwe bewonder tot vandag toe De la Harpe en sy gunstelingonderwyser is tans sy kollega. Volgens Van der Merwe toets De la Harpe gereeld sy kennis.

“Die liefde vir die vak wat mnr. De la Harpe by my gekoester het, het soveel deure vir my oopgemaak,” het Van der Merwe gesê.

• Netwerk is 'n organisasie met die doel om die belange van Afrika­ners in Namibië te bevorder.

Die organisasie het 'n argief en biblioteek beskikbaar wat hulde bring aan Afrikaans en as 'n bymekaarkomplek vir Afrikaanssprekendes dien.

Netwerk se strewe is om Afrikaanssprekers in die land te bedien en bydraes tot die ontwikkeling en groei van Afrikaans te lewer.

Verder beoog hulle om Afrikaanssprekendes te bemagtig en hul welvaart te bevorder.

Volgens Theron sal die kompetisie 'n jaarlikse instelling word. Vanjaar beplan die organisasie om sy kompetisie teen November af te sluit sodat die wenner voor die jaareinde aangekondig kan word.

FOTO’s
Allistaire van der Merwe (links) het mnr. Colin de la Harpe benoem.
Elvira Hattingh saam met juffrou Sariekie Rentel. Foto’s verskaf

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A