Namibiërs sweet by Rooster-spele

Twee Namibiërs het onlangs in Suid-Afrika teen ander superfikses van verskeie lande meegeding.
Michelline Nawatises
Evany van Wyk

Twee Namibiërs het onlangs hul land by die internasionale Virgin Active Rooster-spele in Suid-Afrika verteenwoordig.

The Zone het met die topfikse Damian Muller (21) en Romi Ihms (28) gesels voor hul vertrek na die geleentheid wat op 1 Junie gehou is.

Virgin Active-lede van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, die Verenigde Koninkryk, Italië, Singapoer, Thailand en Australië het aan die kompetisie deelgeneem.

Die Rooster-spele behels 'n stel van agt oefeninge wat binne vier minute voltooi moet word.

Elke oefening moet volgens 'n spesifieke tegniek uitgevoer word en elke deelnemer moet tien keer elke oefening doen. Beoordelaars sien toe dat die korrekte bewegings uitgevoer word en hou telling. Die deelnemer met die beste tye vorder na die volgende ronde.

Muller is ‘n trotse Namibiër wat in Windhoek gebore is.

Volgens hom was hy van kleins af 'n aktiewe individu. Op die ouderdom van 13 het hy begin met opleiding by BRG biokenetika in Windhoek en dit het sy fiksheidsleefstyl bepaal.

Muller het gesê sy pa was nog altyd sy grootste motiveerder en rolmodel. “Van 'n voorbeeldige pa tot 'n verstandige vriend; hy was werklik my alles-in-een.”

Sy beste vriend het die Rooster-uitdaging gedoen en hom aangeraai om dit te probeer. “Soos hulle sê, die res is geskiedenis,” het Muller gesê.

Die moeilikste deel van die kompetisie was dat daar geen rustyd tussen die oefeninge was nie. “Dit is nie net 'n fisiek veeleisende kompetisie nie, maar 'n geestelike een daarby,” het Muller gesê. Sy boodskap aan voornemende deelnemers is dat niks wat die moeite werd is maklik is nie, en niks wat maklik is die moeite werd is nie.

Ihms is in Suid-Afrika gebore en het daar grootgeword.

Sy het lang tydperke in haar lewe in Namibë deurgebring toe sy vir familie kom kuier het. “Ek was nog altyd vrek lief vir Namibië en het elke jaar kom kuier,” het Ihms gesê.

Sy het sewe jaar gelede Namibië toe getrek, waar sy haar man ontmoet.

Volgens Ihms was sy nog altyd sportief, en soos sy ouer geword het, het sy al hoe liewer daarvoor geword.

Sy moes die kompetisie met ‘n kniebesering aandurf en sê dit was haar grootste struikelblok daartydens.

Haar raad aan jong mense is om altyd jouself as jou grootste kompetisie te sien. “Ek is beslis nie so sterk of fiks soos van die ander deelnemers wat verlede jaar gewen het nie, maar ek wil elke oomblik geniet,” het Ihms gesê. Haar grootste motivering is die begeerte om die beste moontlike weergawe van haarself te wees.

Alhoewel die twee Namibiërs nie die semifinale ronde van die kompetisie gehaal het nie, is hulle baie dankbaar vir die blootstelling en ongelooflike ervaring. “Dit was ‘n

fenomenale ervaring wat ek nooit sal vergeet nie, en waar ek baie lesse geleer het,” het Muller na die kompetisie gesê.



Pretfeite oor Damian Muller

Hy sing en dans na willekeur, enige tyd, enige plek.

Sy aandag word maklik afgelei deur 'n verbygaande hond of 'n baie mooi motor.

Spinnekoppe en vlieënde gogga's laat hom skree.

Pretfeite oor Romi Ihms

Sy eet elke dag donkersjokolade.

Sy is gek oor kosmaak.

Sy het ‘n vrees vir miere.

Comments

Namibian Sun 2024-10-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Girona 2 vs 1 Athletic Club | Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Juventus 1 vs 1 Cagliari | Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A