• Home
  • SOCIETY
  • Mariental-biblioteek gee mag aan jong meisies

Mariental-biblioteek gee mag aan jong meisies

Tien meisies voltooi mentorskapprogram
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg

Die Mariental-biblioteek se vyf jaar-mentorskapprogram vir jong meisies is in 2014 deur me. Maryka Gawases begin.

Die program het ten doel om meisies te ondersteun, leiding te gee en in te lig oor maatskaplike kwessies wat hulle as tieners sal raak.

Die tien meisies wat deel van die program is, sal in Augustus vanjaar hulle sertifikate ontvang nadat hulle die program suksesvol voltooi het.

“Toe ons begin het, was die meisies tussen die ouderdomme van agt en tien. Die biblioteek het juis meisies van hierdie ouderdom gekies om hulle tydens hulle tienerjare te kan ondersteun en te help met loopbaankeuses, eksamens, die beste leermetodes, hulle selfbeeld en ontwikkeling,” sê me. Letta Shivute wat die program by Gawases oorgeneem het.

“Die lewe kom nie met ’n handleiding nie, en veral tieners word oorweldig deur druk en ’n magdom keuses. Deur ’n gratis program soos hierdie het die meisies iemand met wie hulle kan praat, raad kan kry en hulle gerus te stel dat daar altyd iemand daar is vir hulle,” sê Shivute verder.

Die program wil meisies ook help met hul skoolwerk en die geleentheid om aan hul selfvertroue en selfbeeld te bou.

Die program fokus op tien verskillende onderwerpe wat onder meer swangerskap, drank en dwelmmisbruik, basiese rekenaarvaardigheidsopleiding en beroepsvoorligting insluit.

“Die aanslag word later ook verander wanneer die mentor aan die meisies die geleentheid gee om ander onderwerpe voor te stel. Dit gee die meisies die kans om oor goed te praat wat hulle daagliks raak en beïnvloed,” sê Shivute.

Weekliks vind gesprekke by die biblioteek plaas en die meisies kry die kans om met kundiges te gesels en opvoedkundige navorsingsopleiding by die Gobabeb Training and Research Center te ontvang.

Die nuwe deelnemers aan die program sal later vanjaar bekend gemaak word en sal in 2022 met die program begin.

“Baie van die meisies wat ons kies besoek gereeld die biblioteek en neem deel aan die gesprekke en inisiatiewe wat die biblioteek aanbied. Baie van die meisies kom van behoeftige gemeenskappe af,” het Shivute gesê.

Shivute sê die program help meisies om eendag beter volwassenes te wees en ernstig oor hulle skoolwerk en die lewe te wees.

“Baie van hierdie meisies het nie enigiemand anders met wie hulle kan praat nie. Hierdie program herinner hulle dat hulle nie alleen is nie en dat daar altyd iemand daar sal wees vir hulle,” se Shivute.

“Ek het soveel geleer deur deel van die program te wees en dit het my gehelp om te groei en myself beter te leer ken. Ek het geleer om in myself te glo en myself in enige situasie te beskerm,” se Amogien Swartbooi (16), een van die deelnemers.

Livithea Lambert (16) se sy is dankbaar vir alles wat die program vir haar beteken het.

“Dit het my geleer om in ’n span te werk, die belangrikheid van beginsels en waardes en aan my die vaardighede gegee om self my probleme op te los.”

Die biblioteek het verskeie ander inisiatiewe en wil graag die gemeenskap en die jeug bemagtig deur aan hulle die geleentheid te gee om hulle volle potensiaal te bereik.

Comments

Namibian Sun 2024-09-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.49 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.53/OZ UP +0.97% | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0053 | Zinc US$ 2 880.30/T DOWN -1.93% | Brent Crude Oil US$ 74.70/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 972.91/OZ DOWN -0.01 Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.49 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.53/OZ UP +0.97% | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0053 | Zinc US$ 2 880.30/T DOWN -1.93% | Brent Crude Oil US$ 74.70/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 972.91/OZ DOWN -0.01