Korrektiewe dienste skenk sanitêre doekies
Die ministerie van veiligheid en sekuriteit se kantoor vir korrektiewe diens het op 12 Oktober die Hoërskool Hage Geingob besoek en drie bokse sanitêre doekies geskenk.
Michelline Nawatises
Volgens kommandant Sheena Nghilundilua word die dag nie net herdenk deur vroue te vier nie, maar ook deur 'n welwillendheidsaktiwiteit.
"Vanweë ander amptelike verpligtinge het ons vanjaar besluit om Vrouedag in Oktober pleks van Maart te vier," het sy gesê.
Die tema van die dag was Gracefully Broke, wat beteken dat vroue baie uitdagings ervaar, maar dit steeds met genade oorkom.
Die dag was daarop gemik om vroue en meisies “se stemme te hoor” en hulle teen diskriminasie te beskerm, asook te help om volle, gelyke deelname aan globale ontwikkeling te verkry.
Volgens Nghilundilua verdien elke meisie om skool te gaan, en moet biologiese en finansiële omstandighede nie hul reg op onderwys belemmer nie.
"Ons skenking is met die verstandhouding dat dit meisies sal help om trots op hulself as vroue te wees. Ook sodat meisies nie skaam, ongemaklik of bevrees sal wees om hul daaglikse take, waaronder skool te gaan, uit te voer nie. Hulle moet die die selfvertroue hê in die wete dat hulle vreeslose en wonderlik wesens is."
Miryam Haipinge, 'n graad 11-leerder, het die instansie bedank. "Wat hulle gedoen het, was baie goed omdat ons nie ? stabiele finansiële agtergrond het nie en nie alle meisies die doekies kan bekostig nie. Ons waardeer die gebaar baie. Baie meisies gebruik toiletpapier as doekies en nou sal dit nie meer nodig wees nie.”

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article