Hoe ry die trein?
Vragte groei
Catherine Sasman - Die uitbreiding van TransNamib se noordelike spoorlyn is met groot trompetgeskal van stapel gestuur, met groot belofte dat dit die gebied nie net met die res van die land se spoornetwerk sal koppel nie, maar ook handel met buurlande sal bevorder.
’n Belegging van N$250 miljoen is gemaak vir die 248 km-spoorlyn tussen Tsumeb en Ondangwa wat as die eerste fase van die noordelike spoornetwerk voltooi is. Die spoorlyn loop deur klein nedersettings soos Oshivelo, Cham Cham, Omuthiya, Onyati en Ongyaanga.
Ondangwa se Kolonel Simon Mzee Kaukungwa-treinstasie is op 16 Julie 2006 ingewy.
Tussen 2007 en 2014 is 228 902 ton goedere op die Ondangwa-Oshikango-spoorlyn vervoer, met die grootste vragte wat na die noordelike grensdorp vervoer is. Meer as 1 miljoen ton goedere is sedert Augustus 2006 tot 2014 tussen Tsumeb en Ondangwa vervoer.
Die 63 km-spoorverbinding tussen Ondangwa en Oshikango, wat ongeveer N$80 miljoen gekos het, is sedert Mei 2012 in werking en loop verby Ongha, Ohangwena, Omafo en Helao Nafidi.
Volgens ’n woordvoerder van TransNamib is daar sterk sprake van ’n spoorlyn tussen Ondangwa en Oshakati.
Die spoornetwerk wat in gebruik is, word hoofsaaklik gebruik om vragte sement, brandstof, boumateriaal en gruis te vervoer.
’n Passasiersdiens is in Desember 2012 begin, maar ondanks die feit dat dit gesubsidieer word, bly passasiersgetalle laag, het die maatskappy gesê.
Elke dag is daar twee treinritte tussen Tsumeb en Ondangwa, twee tussen Ondangwa en Oshikango, een van Oshikango na Ondangwa, en twee van Ondangwa na Tsumeb.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article