Eerste Napso-proewe ’n reusesukses
Die afgelope naweek het verskeie ledeskole van die Namibiese Privaatskole Organisasie in Windhoek saamgetrek vir hul eerste wintersportproewe.
Mariselle Stofberg – Die proewe van die 2021 Namibiese Privaatskole Organisasie (Napso) se wintersportkodes is Vrydag en Saterdag by Windhoek Afrikaanse Privaatskool se sportgronde (Affiespark) gehou.
’n Hoërskool- en laerskoolspan is onderskeidelik vir rugby, hokkie en netbal aangewys, met graad 12-leerlinge wat nie in aanmerking kon kom vir hierdie spanne nie. Skole van oor die land het meegeding om hul plekke te verseker.
“As Napso is ons baie gefokus op ons akademie sowel as sport, maar ons wil nie ons graad 12-leerlinge onder druk plaas deur hulle in te sluit in hierdie spanne nie.
“Wat hierdie Napso-spanne so wonderlik maak, is dat ons leerlinge van verskillende skole nie teen mekaar meeding nie, maar gekombineer word en saam speel. Wanneer hulle dan volgende jaar in ligas meeding, doen hulle dit as vriende,” het mnr. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Napso, gesê.
“Ons droom is om Napso-spanne vir atletiek, rugby, netbal, hokkie en krieket in die land aan te wys en dan wil ons graag met hierdie spanne gaan toer. Indien ons nie in Suid-Afrika kan gaan toer weens Covid-19 nie, sal ons binnelands met hierdie spanne wil toer en teen verskillende Namibiese uitnodigingspanne wil speel,” het Niehaus gesê.
Die amptelike afrigtingspanne vir hierdie spanne is ook aangewys.
Die 13-jarige Charné de Beer is een van die netbalspelers wat in die laerskool span opgeneem is.
“Ek het so baie gestres die naweek, maar dit was ongelooflik lekker en ek voel goed om deel van die span te kan wees.”
Theunis van Wyk het sy plek in die hoërskool-rugbyspan verseker, en is opgewonde vir dit wat voorlê.
“Hierdie is ’n ongelooflike geleentheid en die groep manne saam met wie ek gaan speel is ongelooflik en ek kan nie wag om saam uit te draf op die veld nie.”
Roberta Manale, wat ook in die hoërskoolspan opgeneem is, was dankbaar om deel van die geleentheid te kan wees.
“Dit is so lekker om deel te kan neem aan ’n toernooi met sulke gees waar almal net die beste vir mekaar wil hê.”
Die aangewese spanne:
SEUNSHOKKIE (hoërskool)
Richter van Rooyen, Deon de Klerk, Wilhelm Vermeulen, Sampie Venter, Gerhard Myburgh, Juan Theron, Jandre Smit, Christian du Raan, Luke Mickinnon, Zachary de Klerk, Ludwig van Rooyen,
Anton Myburgh, Juan Swanepoel, Marco Malan, Sebastian Bredenhann.
MEISIESHOKKIE (hoërskool)
Carla Venter, Carme Karg, Estelle van der Merwe, Annelou Fouche, Jana Theron, Natalie Suardi, Carli Janse van Rensburg, Anine le Roux, Mia Karsten, Ané Boshoff, Elmi McCarthy, Tayla Martins
Rochelle Novella, Merne Wiese, Zitha Louw.
NETBAL (laerskool, o.13):
Beani Blaauw, Charne de Beer, Elma Kriel, Louwna Tromp, Vanessa Kailimbo, Karla Terblanche, Mira Azevedo, Rianie Esterhuizen, Dehanné Karsten, Denese Tromp
NETBAL (hoërskool):
Meagan le Roux, Jorinda Fourie, Anrie Booysen, Laurika Burger, Jené Hattingh, Jeanelle Steenkamp, Alicia Mouton, Klara Lucks, Nadri Fourie, Roberta Manale.
RUGBY (laerskool, o.13)
Louis du Plessis, Ulrich Meyer, Eduan Steampe, Kobus Mouton, John Terblanche, Narib Miles, Berent Otto, JJ Fourie, Ruan Boonzaaier, Damian Kotze, Armand Esterhuizen, Andre Rossouw, Kian Kittler, Wouter Smit, Gerd Neuhaus, Rowan van Vuuren, Dirk Lochner, Ruan Brand, Luca Micillo, Ben de Wet, Rito Batista, Dylan van Schalkwyk, Derrick Nell.
RUGBY (hoërskool)
Shaiden Solomon, Juan Cronje, Renier van Zyl, Armand Human, Winslow Olivier, Pieter During, Wicus Cowley, Ieohan Human, William Lottering, Andre Brand, Frederik Jacobsz, Kevin Germishuysen, Fanus Jurgens, Coenraad van Zyl, Van der Merwe Tromp, Jaques Gouws, Theunis van Wyk, Louw Rossouw, Jonathan Hanekom, Nico Tromp, Andre Siepker, Janco Burger, Tewis Burger.
FOTO
Die afrigters en spanbestuurders van die onderskeie spanne: Ruan Oosthuizen, Wouter Niehaus (CEO van Napso), Frans Joubert Janel Smit, Herman Grobler, Johan Zaayman Natasha Berg, Bakkies Grobbelaar, Danie de Wet, Florinda Fourie, Niell Niehaus, Willem Linde, Anna Kriel Marcelle Janse van Rensburg. FOTO MARISELLE STOFBERG

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article